Christiaan Diedericks (1965-2025) was 'n bekroonde Suid-Afrikaanse visuele kunstenaar en drukkunstenaar wat op 5 Julie 2025 in Kaapstad oorlede is. Hy word beskou as een van die beste drukmakers wat uit Suid-Afrika voortgekom het, en het 'n blywende invloed op kontemporêre drukwerk gehad.
Diedericks het cum laude in Skone Kunste aan die Noordwes-Universiteit (voorheen Potchefstroom Universiteit) gegradueer en sy Meestersgraad in Skone Kunste aan die Universiteit van Pretoria in 2000 behaal. Sy internasionale loopbaan het blomryk geword met meer as 50 internasionale residensies en deelname aan meer as 30 internasionale biennales. Hy het by die Cité Internationale des Arts in Parys nege keer sedert 1994 gewerk, en in 2006 die prestigieuse Ampersand Foundation Fellowship in New York ontvang.
Sy werk is wyd uitgestal in Suider-Afrika sowel as in die VSA, Japan, Finland, Spanje, Duitsland, Turkye, Pole, België, Engeland, Swede en Frankryk. In 2006 het hy die Kanna-toekenning vir Skone Kunste by die ABSA KKNK-fees in Oudtshoorn gewen vir sy uitstalling 'Secrets and Lies: Her Majesty's Ivory Tower'. Sy werke vorm deel van belangrike versamings by MOMA (Museum of Modern Art in New York), die Ampersand Foundation, en museums in Frankryk. Diedericks het in sy werk sosiale, politieke en ekonomiese onreg aangespreek en het as voltydse kunstenaar, opvoeder en kurator in Woodstock, Kaapstad, gewoon en gewerk.
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Nog voor die amptelike verskyning van Melanie Grobler en Christiaan Diedericks se unieke kunsboek Vlindervreter het die kunstenaar al begin dink aan ‘n manier om Naledi verder te ondersteun, veral omdat Naledi so ontsettend baie vir skrywers en digters in Suid Afrika doen en beteken. Nadat Christiaan Vlindervreter vir die heel eerste keer in sy hande vasgehou en besef het dat Naledi werklik geen koste ontsien het om hierdie pragboek die lig te laat sien nie, bedink hy toe die plan om die 21 kunswerke in die boek elk in ‘n beperkte oplaag te laat druk en te verkoop. ‘n Groot persentasie van die geld word aan Naledi geskenk, nie net as ‘n blyk van waardering nie, maar ook om by te dra tot die wonderlike werk wat Naledi doen.
Die volledige versameling van die 21 Medicine men afdrukke wat in Vlindervreter verskyn, is dus nou te koop as individuele Giclee of argivale pigment drukke direk van die kunstenaar of op Naledi se webtuiste. Elke individuele werk word met argivale pigmentink op ‘n duursame vel 265 g/m2 Hahnemühle Bamboo papier gedruk deur ORMS print room, Kaapstad. Die kunstenaar en Naledi het toe saam besluit om die beperkte oplae van elk van die 21 individuelele werke teen uiters bekostigbare pryse te koop aan te bied.
Die volledige versameling van die 21 Medicine men afdrukke wat in Vlindervreter verskyn, is nou te koop as individuele Giclee of argivale pigment drukke direk van die kunstenaar of op Naledi se webtuiste. Elke individuele werk word met argivale pigmentink op ‘n duursame vel 265 g/m2 Hahnemühle Bamboo papier gedruk deur ORMS print room, Kaapstad. Die kunstenaar en Naledi het toe saam besluit om die beperkte oplae van elk van die 21 individuelele werke teen uiters bekostigbare pryse te koop aan te bied.
Beskikbaar in Maart 2024
Vlindervreter (2024) is ’n unieke digbundel deur die bekroonde drukgrafiese kunstenaar Christiaan Diedericks en die gevierde digter Melanie Grobler.
Hierdie bundel, wat Diedericks se digdebuut aankondig, spruit uit hulle daaglikse uitruil van gedigte. Aretha du Rand prys die bundel vir sy indringende ondersoek na die menslike kondisie, waarin temas soos verlies, dood, wanhoop en oorlog uitgebeeld word.
’n Kernaspek van die bundel is Diedericks se drukgrafika, wat ’n samespel tussen woord en beeld meebring. Dit sluit een en twintig kunswerke in, geïnspireer deur sadhus, die Hindoe-asketiese figure, wat Diedericks in Indië gefotografeer het. Vlindervreter vertoon die verenigde visie en kreatiewe sinergie tussen Diedericks en Grobler, en bied ’n meervoudige blik op die menslike psige.