Terug na Lede
Elaine Marais
member
Lid sedert 22 Sep 2026
1
Naledi
member 459 Lede
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Ander Lede
4
Afdraaipad
Naledi
Naledi
“As ek terugkom sal ek weer voorbeeldige Lize wees. Almal se staatmaker. Ek glo dat U my die bietjie vryheid gun.” Met hierdie gebed roep Lize Lategan haar goeie Christelike opvoeding vaarwel. Sy is op ’n vliegtuig onderweg na Engeland vir die werksgeleentheid van haar lewe. Skaars een uur in die vreemde raak sy, jonk en onervare, egter hals oor kop verlief op haar gasheer, die nimlike Conrad Buckle. Sy het geen weerstand teen sy aanraking nie. Lize kies ’n afdraaipad en swenk met elke nuwe ondeurdagte besluit verder en verder weg van God en van die Lize wat sy eenmaal was. In dié euforiese maalkolk van begeerte sien sy nie die waarskuwingstekens raak nie: Conrad bestel haar kos, kies haar klere en neem beheer van elke aspek van haar lewe. Maar sy laat hom begaan. Sy het hom mos lief. Totdat Conrad een aand sy hand vir haar lig en Lize se lewe onherroepelik verander. Afdraaipad is ’n verhaal oor verkeerde besluite en pynlike gevolge. Van opstaan en oor begin. Is daar hoop as jy jou rug op God gedraai het? Lize se reis is een wat jou sal bybly.
Bont-Alarm
Naledi
Naledi
Hy wou net gou vinnig sy pa se motorfiets “leen” met die hoop dat hy Karien sal beïndruk en haar hart sal wen. Nou sit hy op die sypaadjie en sien die wrak van ʼn motorfiets en tannie Lenie se lewelose hondjie. Hoe het hy hier beland? Die veertienjarige Juhan Bruwer was eens ʼn seun waarop enige ouer trots kon wees. Sy pa se regterhand, sy ma se oogappel – iemand na wie sy jonger sussie kon opsien. Talentvolle sportman, leier, akademiese presteerder. Dit alles verander wanneer hy keer op keer verkeerde besluite neem totdat hy uiteindelik heeltemal uit die wentelbaan van sy gesinslewe ruk en ʼn ander koers inslaan. As straf begin hy vir tannie Lenie werk. Sy leer hom weer van liefde, vergifnis, goeie besluite en verantwoordelikheid. Is dit egter genoeg om Juhan weer op die regte pad te kry? Gaan sy vriende hom verder in die afgrond dryf of sal hy sterk kan staan? Bont Alarm is ʼn verfrissende en onverwagse verhaal van tweede kanse, keuses en die verskillende roetes wat jou lewe kan inslaan.
Koesterkind
Naledi
Naledi
Tina is ’n beeldskone bedorwe brokkie, maar díe status het gekom met ’n hoë prys. Sy moes veg vir elke greintjie aandag van haar besige, onbetrokke ouers. Met geen grense om haar in te perk nie, kies sy om haar te vergryp aan die lewe se genietinge. Sy loop haar vas teen die gereg. Haar vonnistydperk in die ongenaakbare wêreld van ’n vrouegevangenis word ’n tyd waarin sy haarself leer ken. Haar behoud is ’n onverwagse vriendskapaanbod van Rosina, ’n rasta-vrou wat respek by die vrouens in die tronk afdwing. ’n Aanslag op haar lewe en die moeisame pad na herstel maak haar hart ontvanklik vir onbaatsugtige liefde. Die liefde van haar medemens, die liefde van Marius wat haar die geleentheid gee om op haar eie voete te staan en die liefde van haar vervreemde ouers.”
Liefde vir Lienke
Naledi
Naledi ISBN: ISBN: 978-0-9870388-7-6
Lienke Botha se lewe verander ingrypend toe sy vir die eerste keer werklik haar hart verloor. Sy gee haarself oor aan ’n allesoorheersende verliefdheid op die aantreklike dokter Gerhard Deetlefs. Sonder om aan die gevolge te dink, laat Lienke toe dat sy gelei word van die een verkeerde besluit na die volgende. Teen die tyd wat haar ‘regmaak’ plan in werking tree, is daar min oor van die gesonde verwysingsraamwerk waarmee sy grootgeword het. Haar pad na vergifnis is besaai met uitdagings waarvoor sy nie voorberei is nie. Sy groei as nuutgebore mens, maar haar diepgesetelde liefde vir Gerhard, wat haar vermy, bly onveranderd.

Stuur Boodskap

Kontak Elaine Marais direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗