<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
WEN! ‘n Vliegkaatjie na BALI!
n Reisroman oor vriendskap, selfontdekking en die onverwagte reis terug na jouself
Wat kry jy wanneer jy ’n beheervraat met ’n goed toegeruste handsak en ’n afkeer van chaos op ’n vliegtuig na Bali laai?
Babs van Tonder hou van roetine, praktiese skoene, skoon kombuistoonbanke en ’n tas wat voorbereid is op elke denkbare ramp. Sy hou nie van verrassings nie. Sy hou nog minder van avonture. En sy is beslis nie ’n vrou wat maklik van koers verander nie.
Maar dan sleep haar luidrugtige vriendin Zelna haar onverwags Bali toe.
Vir Babs is dit nie ’n vakansie nie. Dit is ’n internasionale senuineenstorting wat wag om te gebeur. Want onder die pligte, verantwoordelikhede, stilte en die leë nes het sy iets verloor: haarself.
Wat begin as ’n reis vol ongemaklike oomblikke en rampspoedige avonture, ontwikkel in ’n onverwagte ontdekkingstog. ’n Reis waarin Babs weer leer lag, verlang, wonder – en haarself raaksien as meer as net ’n vrou, ma of eggenote.
Babs gaan Bali toe is ’n warm, humoristiese en hartroerende roman oor middeljare, vriendskap, die huwelik, verlies en die moed om weer plek vir jouself in jou eie lewe te maak.
Hierdie boek is vir elke vrou wat al gevoel het sy het ’n meubelstuk in haar eie huis geword. Vir elkeen wat wonder of daar nog avonture, vreugde en nuwe moontlikhede op haar wag. En vir elke mens wat besef dat huis toe kom soms beteken om jouself opnuut te ontdek.
’n Roman met skerp humor en deernis wat jou sal laat lag, jou soms sal ontroer en jou uiteindelik sal laat wonder:
Wanneer laas het ek regtig geleef?
Jy’s op ’n punt waar jy na antwoorde soek, en dis ’n onbekende plek, maar dis ’n goeie plek, my kind. Die beste plek om te wees is in die onbekende, want daar is enigiets moontlik. Jy maak jouself nou oop vir die wêreld, jy gaan sien hoe die wêreld homself nou vir jou oopmaak. Onthou jy wat Oupa gesê het: ‘When the student is ready, the teacher appears’.
DAAR IS ’n EIFFELTORING IN SY BOEDEL is ’n roerende verhaal van ’n oupa wat in genadetyd op sy sterfbed lewe, en die kleinseun wat soveel moontlik van sy oupa se wysheid wil leer voor hy nie meer daar is nie. Sy oupa deel met hom sy avonture, stories, staaltjies en moderne gelykenisse wat die jongman se lewe onherroeplik verander. Hy stuur sy kleinseun ook op twee onvergeetlike vakansies waar hy blootgestel word aan plekke, kleurryke karakters en situasies wat hom meer oor homself en die lewe leer. Dis ’n hoogs vermaaklike ontdekkingstog na buite én binne. Sy oupa se stories inspireer hom om sy volle potensiaal te bereik, sy grootste drome te volg en wysheid te vind wat gewoonlik net met die grysheid kom. Sy oupa se dood het vir hom lewe gebring.
’n Jongman herontdek die dinge wat werklik saak maak in ’n boeiende storie wat jou laat skaterlag en soms ook ’n traan laat wegvee. Dis ’n hartsreis van Parys, Frankryk tot in die skone Karoo, ’n avontuur wat oorloop met wysheid, humor en wêreldkennis.
Hierdie storie gaan jou hele lewe verander. Ten goede.
Hierdie boek het Tobi vir drie redes geskryf Eerstens het elke
resep net drie bestanddele Tweedens vir die ekonomiese faktor
Nie almal kan duur bestanddele bekostig of ses soorte kase in die
yskas aanhou nie As plaasseun verstaan hy ook dat almal nie
altyd toegang het tot groot winkelsentrums waar elke
bestanddeel onder die son beskikbaar is nie Derdens vir
tydsbesparing Met dié kortpadresepte hoef jy nie vir ure in die
kombuis te staan nie.
Tobi beskou homself nie as ‘n chef nie Trouens hy wil nie eers
die gesogte titel koskenner voor sy naam skryf nie Omdat ek
myself nie as ‘n kosmeester beskou nie koop ek byvoorbeeld
sonder om te blik of te bloos klaar voorbereide skilferkorsdeeg
En met geblikte kos kan jy soms toor en hoekom het hulle ‘n
vrieskas in die eerste plek gemaak as jy nie kos mag vries nie.
Tobi glo kook is ‘n manier van ontvlugting waar jy jouself kan
uitleef in ‘n kombuis En hier deel hy sy passie deur maklike
vinnige en bekostigbare geregte