<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Beelde en Verval vertel die verhaal van die Afrikaner in sy hoogtydae in die jare sewentig voor sy politieke val. Soos Tolstoi, in Oorlog en Vrede, die epiese verhaal vertel van die Russiese adel voor sy verdoemenis, so vertel Ian Voges in Beelde en Verval die verhaal van wie die Afrikaner was, voor hy in sy eie swaard geval het.
Daar is paleisintriges, sluipmoord, rugstekery, internasionale manewales, kleurryke laventelhane en katte wat hard in die donker geknyp word. Maar bowenal is Beelde en Verval die verbluffende verhaal van hoe ‘n paar honderd miljard deur die regering van die tyd in die buiteland weggesteek is. Daardie miljarde is, soos die Krugermiljoene van destyds, nooit teruggevind nie. Beelde en Verval word aanbeveel vir almal wat ‘n belangstelling het in onopgeloste raaisels, konkelary en politiekery.
Net soos in die verlede, sal elke man sy staal bewys,” sê die Minister. “Ek het vertroue in my volk.” Etienne Leroux, Magersfontein, O Magersfontein!
My doom has come upon me; let me not then die ingloriously and without a struggle, but let me first do some great thing that shall be told among men hereafter. Homer, The Iliad