Terug na Lede
André Diederichs
André Diederichs
member
Lid sedert 22 Sep 2026
1
Naledi
member 459 Lede
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Ander Lede
4
Bemark of bevark
Naledi
Naledi
In Bemark of bevark? deel André Diederichs die ondervinding wat hy opgedoen het in ’n bemar­kingsloopbaan wat oor dekades strek, met lesers. Sy skryfstyl is toeganklik, aweregs en humoristies. Die praktiese benadering wat hy volg, stel voornemende en gevestigde bemarkers in staat om die beste resultate in hul werksomgewings te behaal – of dit binne ’n groot of klein opset is.
Die Voetspore wat ons nalaat
Naledi
Naledi ISBN: 9780796162557
Die voetspore wat ons nalaat, moet nie net ons nageslag finansieel versorg nie, maar veral ook ons spore op hul harte nalaat, want goeie waardes en familieharmonie is die kosbaarste geskenk wat ons ooit kan nalaat. Voetspore wat ons nalaat (2024) is die tweede boek in die reeks van drie en volg op Nalatenskap – Die Soet en Suur van Familieondernemings (2022). Die derde boek, Rentmeesterskap, sal waarskynlik laat in 2025 voltooi word. Ons lees verder van Willem en sy enigste seun Wilhelmus wat vir meer as twee dekades van mekaar vervreem was voor die familieharmonie herstel is. Willem se kanker het aansienlik toegeneem en die suur wat rondom die familie-onenigheid verstrengel was, kry ʼn soete beloning wanneer ’n baie siek Willem kan toekyk hoe sy nageslag hul spore in die kersieboorde begin intrap. Verder lees ons ook van Dries se familie wat groot omwentelinge moes hanteer toe Dries se 25-jarige buite-egtelike dogter Brigitte, waarvan hy onbewus was, ’n jaar gelede vanuit Duitsland by sy kantoor instap. Dan volg daar ook ʼn nuwe verhaal oor Peet Willemse en sy vrou Marlene wat hul dertigjarige seun moet vertel dat hy aangeneem is. Om die intrige verder te verdiep, het Peet ook ’n buite-egtelike seun, Dieter, van wie sy vrou nie weet nie. Omstandighede veroorsaak dat hy dit nou aan haar moet openbaar.   Vir meer besonderhede besoek :  https://youtu.be/mY8NEkoTVkE  
NALATENSKAP
Naledi
Naledi ISBN: 978-0-620-96493-7
NALATENSKAP: Die Soet en Suur van Familieondernemings Die lewe gaan oor keuses. Sommige keuses sal vir altyd by ons spook Willem se veroordelende woorde teenoor sy enigste seun Wilhelmus se keuse van ’n lewensmaat het veroorsaak dat hulle al vir meer as twee dekades van mekaar vervreem is. Al wat nou sy lewe oorheers, is die diep begeerte om sy seun net een maal weer te sien. *** Dries is ’n voorbeeldige pa en getroue huweliksmaat. Sy onbesonne daad met Marichen tydens ʼn studentetoer na die Oktoberfees in Duitsland jare gelede, kom spook by hom toe Brigitte vanuit Duitsland by sy kantoor in Middelburg opdaag. *** Die verhaal in die boek is gebaseer op André Diederichs se uitgebreide ervaring van familieondernemings waar baie van die konsultasies mediasies is om konflik te ontlont. Tagtig persent van geregistreerde sakeondernemings in SA is familieondernemings en 96% van kommersiële boere is familieboerderye. As jy hou van die dramas en intriges wat in familieondernemings afspeel, en ook wysheid oor die beste praktyke wil bekom, dan hoef jy nie verder as hierdie boek te soek nie. “Ek ken André al 36 jaar. Sy insig in die intriges wat binne familieondernemings afspeel, maak dat die boek nie net ’n aangrypende verhaal is nie, maar ook stof tot nadenke bied.” – Fanie van der Merwe: Boplaas 1743, Koue Bokkeveld. “André is altyd vol verrassings en so innoverend as wat ’n mens maar kan kry!” – Willie Nel: Moolmanshoek, Oos-Vrystaat. https://youtu.be/l_Fcv9hDgmg André is ’n welbekende Christen-sakeman, openbare spreker en skrywer. Hy is ’n gereelde gas op radio- en TV-programme. As ’n geakkrediteerde familieonderneming-konsultant het hy al meer as 400 familieondernemings gekonsulteer. André is die medestigter en hoofsameroeper van FABASA (Family Business Association of South Africa). ROMAN 222 x 152 mm 296 bladsye ISBN: 978-0-620-96493-7
Rentmeesterskap
Naledi
Naledi ISBN: 9781997476535
Hoe neem ’n mens ’n moeilike besluit sonder om die mense vir wie jy lief is, te verloor? Hoe word ’n familieonderneming van een geslag na die volgende oorgedra sonder dat die onderneming – of die familie – uitmekaar val? Dit is die vrae waarmee duisende familieondernemings wêreldwyd worstel, en dit is die hart van Rentmeesterskap. Maar Rentmeesterskap is veel meer as ’n boek oor familieondernemings. Dit is ’n verhaal oor mense; oor vaders en seuns; moeders en dogters; liefde wat wag; vergifnis wat bevry; oor tweede kanse en oor die moed om moeilike gesprekke te voer voordat dit te laat is. Hierdie boek is nie slegs vir mense in familieondernemings nie. Dit is vir elke mens wat eendag wil terugkyk op sy of haar lewe en eerlik kan sê: “Ek het die mense, geleenthede en gawes wat aan my toevertrou is, met wysheid versorg.” Rentmeesterskap sal jou laat glimlag; ontroer; laat nadink en heel moontlik inspireer om jou eie nalatenskap met nuwe oë te beskou want uiteindelik besit ons niks werklik nie. Ons is almal net vir ’n kort, kosbare tyd … rentmeesters. Rentmeesterskap is die derde boek in die reeks en volg op Voetspore wat ons nalaat (2024), en Nalatenskap (2022). Hoewel elke boek as ’n selfstandige verhaal gelees kan word, vorm die drie saam een verweefde reis om nie die storielyn te verloor nie. Vir meer besonderhede oor Nalatenskap besoek: https://naledi.co.za/product/nalatenskap/ Vir meer besonderhede oor Voetspore wat ons nalaat besoek: https://naledi.co.za/product/voetsporewatonsnalaat/

Stuur Boodskap

Kontak André Diederichs direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗