<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Miena staan heeldag in die son en karre oppas. Haar Frikkie is ’n goeie man en hy probeer geld inbring met sy karre se regmaak. Wanneer Rykie, hul dogter, in die kliniek beland en haar paaie met Anita kruis, is daar opregte omgee by Anita vir hierdie uitgeteerde kind. ’n Hartroerende verhaal oor mense en die lewe. Hierdie roman spreek kwessies soos eetsteurnisse, sosiale stand en aanvaarding aan. Mense verskil, maar almal ervaar pyn. Slegs deur opregte deernis en empatie kan ons mekaar help.
Linda kan nie die dood van haar twee-jarige seuntjie verwerk nie. Sy kry ’n senu-siekte waar sy haar hare klossies begin uittrek.
Haar ontvlugting is haar werk by ’n sentrum vir gestremdes. By die huis gaan dit nie veel beter nie, haar man tuis met post-traumatiese stres.
Anders as met haar seuntjie vir wie sy gesê het dat hy nou moet doodgaan want sy is moeg…
Haar dogter wat briljant slim is, het sy nagelaat om raak te sien … tot sy op universiteit iemand ontmoet wat haar raaksien met die regte pilletjies wat haar gelukkig maak.
Dan is daar Stefan…’n perde-fluisteraar
En daar is Estie die advokaat, wat mans haat. Sy wat so graag ander vroue wil help sal ook eers moet leer om soos Stefan fyn te luister na die Here se stem.
Pedale van papier begin waar die ou getroue Trifiena vir Karien (haar werkgewer) help om ’n klavier na buite te trek-stoot. As die klavier buite is, begin Karien dit met mag en mening met ’n byl stukkend kap. Die splinters spat in alle rigtings soos wat sy die byl in die klavier inlê. Terwyl sy haar klavier verwoes, dink sy terug aan haar kinderdae…