<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Hoekan enigeen van ʼn perd hou, wonder Simon Spies. Perde het al in sy lewe vir groot hartseer gesorg. Wanneer hy en sy skoolmaats net voor die
Julie-vakansie uit die skool geskors word, wag daar ʼn bittere straf op Simon.Hy moet vir die vakansie op ʼn perdeplaas gaan werk terwyl sy ma iewers oorsee rondflenter. Dis die ergste straf wat sy ma aan hom kon gee want sy weet hy háát perde.
Wanneer hy op Brumbie’s Cove aanland, leer ken hy vir Carin, die perdefluisteraar wat moet sorg dat hy die vakansie net daar bly en hard werk.Hy ontmoet ook vir Liesl, die meisie met die koperrooi hare wat ook onverstaanbaar lief is vir die proesende gedoentes waarvan nhy niks hou nie.Dan is daar Avik, die vosperd met die ster op die voorkop en die
donkerbruin oë wat altyd so diep kyk.Simon is vasberade om nie sy siening oor perde te verander nie. Maar dan begin die wêreld om hulle brand. Hoe gaan almal deur die vuur kom?