<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Duifblou is ‘n onvergeetlike storie van heling en vergifnis.
(Louise Viljoen)
Hierdie boeiende jeugverhaal uit debuutskrywer Mariane le Roux se pen sal lesers se hartsnare roer. Alwyn se pa sterf onverwags gewelddadig. Die tienerseun moet die onomkeerbare realiteit daarvan daagliks vierkantig in die oë kyk … en ook daar wees vir sy ma. Die polisie-ondersoek en uiteindelike hofsaak veroorsaak verdere trauma. Maar een middag is Duif net daar, en Alwyn ontferm hom oor die beseerde geveerte. Hierdie teer daad bring ‘n nuwe, betekenisvolle wending aan hoe hy en sy ma hulle rousmart verwerk.
Hoe kan ek die man vergewe wat vir Pa se dood verantwoordelik was?
Hy het Pa van my af weggeneem. Hy het geskiet sonder om te dink.
En nou wil Ma hê ek moet aan hóm dink.
Ek wil nie, want ek is nog kwaad vir hom!
Hy bly lewe terwyl Pa dood is!!!
En tog, watse lewe gaan hy agter tralies hê …?
Maar nee, nee, nee! Ek kan nog nie!