Terug na Lede
Fanie Olivier
member
Lid sedert 22 Sep 2026
1
Naledi
member 459 Lede
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Ander Lede
4
Die langverwagte
Naledi
Naledi ISBN: 978-1-0672341-1-9
Die langverwagte is ‘n tweeluik en bestaan uit die vertaling van twee romans van Erwin Mortier: Marcel [1999] en De onbevlekte [2020]. Die romans werk met dieselfde gegewe, maar word uit twee verskillende perspektiewe vertel. Die perspektief in die eerste teks is dié van ‘n negejarige seun, Marcel, terwyl sy ouma, Andrea, die stem in die tweede roman word. Dit is die eerste keer dat die twee romans so as een publikasie uitgegee word. Die romans het as agtergrond die Tweede Wêreldoorlog en die spanning in België, waar sekere groeperinge Vlaminge hulle met Nazi-Duitsland geassosieer het, met die oog op die onafhanklikheid van Vlaandere. Iets soortgelyks, maar op ‘n kleiner skaal, het in Suid-Afrika gebeur rondom Die Rebellie in 1914 en die Ossewabrandwag net voor en tydens die Tweede Wêreldoorlog. Erwin Mortier (1965) is een van die belangrikste eietydse Vlaamse skrywers en het reeds 9 romans, ‘n bundel kortverhale en 5 bundels poësie gepubliseer. Daar het ook ‘n aantal nie-fiksie werke deur hom verskyn. Hy het reeds verskeie groot literêre toekennings ontvang, onder andere die Gerard Walschapprys en die Goue Ezelsoor vir Marcel, sy debuut.
Mister Angelo Alzheimer
Naledi
Naledi
Mister Angelo Alzheimer Jef Geeraerts (1930-2015] is in Antwerpen gebore en is een van die belangrikste Vlaamse skrywers uit die tweede helfte van die vorige eeu. Hy het as romanskrywer, vertaler en essayis ʼn beduidende bydrae gelewer en het met sy dood ʼn omvangryke oeuvre nagelaat, wat sowel literêre as populêre romans ingesluit het. Sy belangrike bekroonde vroeë werk, wat veral spruit uit sy dienstydperk in die destydse Belgiese-Kongo [vandag die DRK] deurgebring, word hoog aangeslaan as as gevolg van die literêre verskuiwings daarin. Die eksplisiete seksuele beskrywings daarin is in die konserwatiewe Vlaamse gemeenskap as pornografie bestempel. Met die verandering rondom sienings oor kolonialisme, word sy Gangreen-vierluik mettertyd minder aanvaarbaar en is hy selfs by tye as rassis gebrandmerk. Hy begin in die 1980’s misdaadromans of krimi’s skryf, bemeester gou ʼn totaal ander skryfstyl, en behaal groot sukses. De zaak Alzheimer, waarvan Mister Angelo Alzheimer die vertaling is, is een van ʼn lang reeks krimi’s waardeur die polisie-duo Vincke en Verstuyft volksbesit geword het, soos wat in Afrikaans bv. die geval is met Deon Meyer se Bennie Griesel. Uit hierdie reeks is De zaak Alzheimer, asook Dossier K, verfilm en het lokettreffers geword, terwyl Diamant tot ʼn gewilde TV-reeks verwerk is. *** Jef Geeraerts (1930-2015), born in Antwerp, is one of the most important Flemish writers from the latter part of the 20th century. His contribution to Dutch literature as novelist, translator and essayist was significant; the novels in the four part Gangreen-cycle was praised as frank and highly innovative. The description of sex and sexual encounters was seen as pornography in conservative Flemish society. As views about colonialism changed, his work set in that environment became less acceptable; at times he was even called racist. In the 1980’s Geeraerts started writing detective and crime thrillers with great success, mastering a totally different style of writing,. M…
Mister Angelo Alzheimer – e-Boek
Naledi
Naledi
Die e-boek is te koop direk op Amazon: Koop e-boek Mister Angelo Alzheimer – e-Boek In the 1980’s Geeraerts started writing detective and crime thrillers with great success, mastering a totally different style of writing. Mister Angelo Alzheimer is a translation of De zaak Alzheimer (“The Alzheimer Case”), one in a long best-selling krimi series which established the detective duo of Vincke and Verstuyft as household names. De zaak Alzheimer became a box office hit movie and tv series.
Ou Laaie
Naledi
Naledi
’n Nuwe bundel van fanie olivier, sy sewende en met die titel ou laaie, is ’n tematiese bundel waarmee hy terugkeer na een van sy ou liefdes: liefdesgedigte. Die titel verwys enersyds na die gedigte wat in ou laaie rondlê en nou saamgebring word, maar wil ook die ander betekenis van laaie, nl. streke, slimmig- of onnutsighede, byroep. In hierdie lywige bundel is daar gedigte opgeneem wat oor ’n baie lang tydperk geskryf is, soms op versoek van vriende of geleentheidsgedigte. Baie van die gedigte handel oor verhoudings in die virtuele ruimte waarin kitsgesprekke ontstaan, verliefdes letterlik via Skype inkyk op mekaar se lewens en daar dikwels nie ’n wag voor die mond geplaas kan word nie. Die identiteit van die spreker in die gedigte verskuif voortdurend en daar is geen verhoudingspatroon wat binne die bundel ontwikkel nie; die gedigte word alfabeties volgens die beginreel georden. Verstegnies is die digter hier op sy betroubare beste, gaan speels om met ou geykte versvorms om so nuwe gedaantes aan ’n óú wêreld te gee.

Stuur Boodskap

Kontak Fanie Olivier direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗