<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Hierdie bundel is die eerste Afrikaanse vertaling uit Grieks van ses gedigte van ’n liriese epos van ’n moderne Griekse digter, Kostis Palamas (1859-1943). In hierdie ses gedigte word liriese, epiese, dramatiese en visionêre elemente saam geweef in ’n beskrywing van die wedervaringe van Sigeuners tydens hul reis na en verblyf buite die mure van Konstantinopel voor sy val in 1453, soos vertel deur ’n woordvoerder van die Sigeuners. Die pragtige beeldspraak in die gedigte kom seepglad oor in Afrikaans.
Min was tot dusver bekend oor Sigeuners, hierdie eens versmaaide, verstote ras, maar dit blyk dat in die afgelope 50 jaar talle van hulle ontluik het as gerekende digters, akteurs, regisseurs, regsgeleerdes en politici. Vir die eerste keer kry Afrikaanse poësieliefhebbers nou ’n kykie van hierdie gemarginaliseerde Sigeunerpoësie. Voorbeelde van enkele gedigte van twee bekende Sigeuner-digteresse (in Engels, eie vertaling in Afrikaans) word ingesluit.
Verskeie van Konstantinos Kavafis se gedigte is al in Afrikaans
vertaal maar dit is die eerste keer dat so ’n groot aantal
vertalings in een bundel saamgevat word, en die eerste keer
dat die gedigte direk uit Grieks vertaal is Kavafis se gedigte
alhoewel meer as ’n eeu gelede in ’n verre land geskryf
spreek steeds tot mens vandag dit resoneer oor land en
tydgrense heen Uys Krige het Kavafis as ’n moderne
praatdigter beskryf dit is asof hy op ’n gemaklike
doodgewone manier met jou praat en dit kom goed oor in
Afrikaans Hierdie versameling gedigte is vir die leek sowel as die geleerde