Terug na Lede
Dawie Louw
Dawie Louw
member
Lid sedert 22 Sep 2026
1
Naledi
member 459 Lede
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Ander Lede
2
Die Medusa-kode
Naledi
Naledi
Die mensdom raak verslaaf  aan sosiale media, die kuber en alles virtueel. Is rehabilitasie moontlik? Dit lyk of dinge reeds onomkeerbaar is. Tensy Medusa, die berugste kuberkraker ooit, vrye teuels gegee word om haar missie te voltooi: om sosiale media asook die ganse internet, te vernietig. Om terug te keer na tye toe realiteit en fantasie verskillende begrippe was. Toe feit nog van fiksie onderskei kon word. In ’n desperate poging om die kuberruim te beskerm, vertrek ’n span IT-spesialiste na die barre verlatenheid van die Namibwoestyn. Om daar, buite bereik van die internet en Medusa se tentakels, hulself ’n laaste kans te gee om daardie onvernietigbare kode te ontsyfer. Besoek www.medusacode.com om self die kode te ontsyfer. Humanity is addicted- to social media, cyberspace ad everything virtual. Is rehabilitation possible? It looks as if things have already gone too far. Unless Medusa, the most notorious hacker ever, is given carte blanche to complete her mission: to destroy social media and the whole internet. To go back to a time when reality and fantasy were two different things. When fact could be distinguished from fiction. In a desperate attempt to protect the cyberspace, a team of IT specialists go to the empty spaces of the Namib desert. There, out of reach of the internet and Medusa, they try to give themselves a last chance to decipher that indestructable code. Visit www.medusacode.com to decipher the code yourself.
eMajuba
Naledi
Naledi
Sy tap ’n skuimbad en groottoon op die warm kraan, lê sy dinge en bedink. Wanneer is ’n oorlog verby? Veldslae lê in die verlede, maar wat van die oorlog self? Sou dit vir iemand soos Retief verby wees? Daar ie­wers op ’n solder op sy knieë tussen geskrifte en foto’s? Knipsels haat, woede, angs, verraad, barbaarsheid, hartseer en arrogansie? Alles waaruit oorlog bestaan: Sulke goed kan tog nooit rêrig weggaan nie? Daar’s wel ’n ding soos ver­gewe en vergeet, maar soms is dit niks anders as toe­smeer nie. Papbroeke se verskoning om hul gewete te sus. Oë toe en met die warm water wat om haar knus, dink sy weer aan Aletta. Wat gaan die vrou nou aanvang? Met haar kale kop? En wat sou sy, Nelia, gedoen het as sy saam met Aletta was. Ook die wa­pen opgeneem het? Vir seker sou sy. En weer die vraag: Wie’t be­sluit daardie oorlog is verby? Lord Kitchener? En sy seë­vierende krygshere? Lekker gerieflik sit hulle om ’n tafel daar in Melrose-huis, hoogs tevrede met hulself. Kom Boer, jy’t nou ’n nuwe heer en meester. Jou va­der­land behoort nou aan die kroon. Hier, teken die ooreenkoms en parafeer elke bladsy. En as jy nie die knie buig nie, eilande toe met jou. Ja, sy wat Nelia is, raak nou betrokke.

Stuur Boodskap

Kontak Dawie Louw direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗