<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Nou val vere uit die lug van dooie voëls, riviere
rittel met koue skouers en hulle
vingers grou ‘n lêplek in die sand.
Rosa Smit se gedigte bied, in die woorde van Marianne Moore, werklike paddas (“toads”) in verbeelde tuine, ook met die “noodsaak” wat Opperman van ‘n gedig vra.
Sy is ’n wydgepuliseerde skrywer van o.a. Krone van die narsing in 1987, waarvoor sy die gesogte Ingrid Jonker-prys ontvang.
Van haar verse is in verskeie bundels opgeneem, o.a. Die braambos brand, Die mooiste liefdesgedigte in Afrikaans en ‘n Honderd jaar later.
Vers oor vers, gedigte wat gedeeltes uit die Bybel verhelder, is ook ‘n vrug van Rosa se pen.
Hierdie digbundel dek ’n wye spektrum: van liefde, groei, gebed, opstanding tot skeiding.