<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Racheltjie, haar Pa, haar boetie Jamie en Frikkie die hanskalf trek al vir maande na die groot stad waar ’n beter lewe op hulle wag. Maar wanneer die ossewa breek, moet hulle oorbly by Tant Soekie se verlate ou plaashuis. “As die bergrivierlelie blom soos nou, beteken dit swaar sneeu,” waarsku die ou tante. Sy weet Tant Soekie is reg, want Racheltjie verstaan die taal van plante. Daardie nag word sy wakker en sien die sneeu, maar haar boetie is skoonveld. Sy weet sy moet hom veilig hou, en gaan soek hom in die koue nag. Hierdie geïllustreerde storie vir jong lesers tussen die ouderdom van 7 en 9 jaar is gebaseer op die bekende Suid-Afrikaanse volksverhaal, wat ook onlangs vefilm is.