<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Die skilder-digter Louis Jansen van Vuuren se derde digbundel, Moerasperd deur die nag, is verbluffend. Nie net verbluf die verse in hul uitkringende, intertekstuele reikwydte nie, maar veral met die tematiese verkenning van ‘n eietydse moeras wat terselfdertyd smerig én smeulend is.
Moerasperd deur die nag is tegelykertyd digkuns én skildery én musiek; die skerp lyne wat die dissiplines tradisioneel onderskei, versmelt hier met bykans sfumatiese tegniek tot rokerige skimperde van klank en kleur en versmelodie.
Verbluffend, inderdaad.
Riana Scheepers