Terug na Lede
Hennie van Deventer
member
Lid sedert 22 Sep 2026
1
Naledi
member 459 Lede
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Ander Lede
5
Elke dag ‘n mooi nooi en ‘n moord
Naledi
Naledi ISBN: 978-1-7761-286-3
Uit polemieke petaljes; rusies en romanses ;herries en hofsake en wat nog put gesoute koerantman Hennie van Deventer ʼn ryk oes vir sy boeiende boek oor koerante en die nuus wat hul lewensbloed is. Die veteraan van die perswese staan bekend as ʼn gebore en geesdriftige nuusmens. Hierdie is sy sewende boek met ʼn binneblik op die koerantwêreld. In ʼn onderhoudende keuse van stories met ongewone kinkels roer hy allerlei omstredenhede aan :Charlize Theron se “net  44 wat nog Afrikaans praat”, Amanda Gouws se verweer vir vroue wat vloek, Ton Vosloo se ontdekking van “’n ander SuidSuid-Afrika”, die slagspreuk “Kill the Boer” …. Sy tema is talryk. Hy ryg die staaltjies en anekdotes in en verklap geheimpies uit redakteurskantore en raadsale. Wie humor soek, sal heelwat daarvan kry – ook heelwat politiek of lig op persoonlikhede: nie net huishoudelike name in die media nie, maar groot letterkunde-geeste soos die korrelkop Langenhoven, NP van Wyk Louw en Opperman, politici soos Verwoerd en Vorster, skoonhede soos prinses Diana en Anneline Kriel en, les bes, selfs ontkleedanseres Glenda Kemp.
Koerantkamerade
Naledi
Naledi ISBN: 9781928530602
Kanniedood-koerantman Hennie van Deventer verklap geheime en intriges in nuuskantore en direksiekamers in ʼn 50-stuks informele “grafskrifte” vir ontslape tydgenote.
Laatoes
Naledi
Naledi
In Laatoes ontmoet die leser vir Hennie van Deventer as afgetrede koerant­man wat al amper 20 jaar steeds bly skryf, skryf en skryf. Sy terrein is die totale omvang van menswees: van begrafnisse tot feeste; van herdenkings tot bekendstellings; van humor tot ernstige besinnings; van die intiem-persoonlike tot die openbare. Die kanniedood-koerantman kyk ver en wyd.
Na Verre Hawens
Naledi
Naledi
Die spoor van die Melody wat in 2009 deur seerowers aangeval is, word gevolg deur gevaarlike waters langs die Oos-Afrikaanse kus op tot die Suezkanaal waar bote deur oseane van woestynsand kortpad vat. Op ’n reuse-lynskip word Valentynsdag met derduisende rose uit Perth gevier.  Daar word ook op ’n veerbootjie na ’n eilandjie gevaar op ’n speurtog na een van Amerika se yslikste politieke skandale, en die kinders beleef waar die skrikmaakfkliek Jaws vandaan kom. Die leser word verras met Japanse puntenerigheid, Russiese “strand-apartheid”, en die skrywer se eie Oceanos-storie. Onvergeetlike hawens word herbesoek: die hiperaktiewe New York, sierlike Sydney en Kotor waar Noorweegse fjords en die Middellandse See as ’t ware ontmoet. Nie net lang reise besorg vreugde nie. Sowat 60 000 mense vaar elke somerseisoen langs ons kuste. Die Van Deventers het dit met vyfjarige tweeling-kleinseuns gedoen – en elke minuut was ’n fees. Geskyf deur Hennie van Deventer.
Wag-‘n-Bietjie
Naledi
Naledi ISBN: 9781067234737
As jy Wag-‘n-bietjie gelees het, gaan jy meer weet van talryke onderwerpe: Tergende moordraaisels, koerante, die parlement en karakters van die 80’s, asook die bos waarvoor die skrywer hartstogtelik lief is. Dit is ‘n belofte aan lesers. Koerante kwyn en verdwyn, maar gelukkig bestaan energieke oudredakteurs soos Hennie van Deventer met ‘n skatkis van stories uit ‘n era waarvan hulle intieme kennis het. Hy deel hierdie bekoorlike memoires met insig, binne-kennis en bowenal heerlike humor. Sy boeiende onderwerpe sluit in die Niggiemoord (ook reeks op TV); die Clack-gesinsmoord; politici PW Botha, Piet Koornhof en Hendrik Schoeman; skrywers Hans du Plessis en Tony Park. Sy benadering is vars en oorspronklik. Dit is Van Deventer op sy stukke. Hierdie is reeds die 24ste boek van hierdie vrugbare skrywer. Nege is koerant-verwant – ‘n unieke bydrae.  

Stuur Boodskap

Kontak Hennie van Deventer direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗