<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Etienne Leroux het die moderne Wes-Europese en veral die Suid-Afrikaanse mens en werklikheid van die grootste gedeelte van die twintigste eeu op ’n verbluffendoorspronklike wyse artistiek gedokumenteer. Die psigologie
van veral Carl Gustav Jung), mitologie, satire en selfs die populêre kultuur, vorm skering en inslag van sy gevarieerde oeuvre.
HELAAS
Helaas is ’n bundel wat ondermeer staan in die teken van die toenemende
ouderdom en naderende dood.
Talle intertekstuele heenwysings na veral Nederlandse digters en hul
werk, en die tweede helfte van die bundel bestaan uit vertalings uit die
Middelnederlandse letterkunde, sowel van bekende, klassieke gedigte.
Heelwat humoristiese en satiriese eie gedigte (ook liefdesverse).
In hierdie bundel word daar op intellektuele wyse ’n groot verskeidenheid
onderwerpe hanteer en interessant genoeg sluit dit juis ook emosionele
sake in. Die digter besin oor sy herkoms en sy toekoms, sy huis, sy lewe in
sy gesin, maar ook oor ander digters en skrywers, oor sensitiewe en oor
intellektuele kwessies.
Die gestrooptheid en direktheid van die verse spreek die leser aan… daar is
veel in die bundel wat meevoerend en ontroerend is.
***
Helaas (Alas) is a volume of poems that inter alia bears the stamp of advanced age and imminent death. The poems though
are not pessimistic or melancholic but often humorous, satirical and deals with a wide array of subjects and include elegiac
intellectual ponderings and love poems. The poems contain many intertextual allusions to (Dutch) poets and their work and
the second part of this volume comprises translations of classical poems and excerpts from Middle Dutch literature. The
poems are void of embellishment and sentimentality and will especially appeal to readers that prefer intellectual poetry.
***
H.P. (Hennie) van Coller is uitstaande professor (emeritus), Universiteit van die Vrystaat,
Bloemfontein en buitengewone professor aan die NWU. Hy is die skrywer van talle publikasies
ondermeer die literatuurgeskiedenisse Perspektief en profiel. ‘n Literatuur-geskiedenis (2016),
Verbintenis en venster. Die Nederlandstalige letterkunde van aanvang tot hede. ‘n Afrikaanse
literatuurgeskiedenis (2019) en ‘n boek saam met dr. Joanita Erasmus-Alt,Blitsverkopers,beeldvorming
en bemarking (2021). Hy publiseer meedere vertalings uit Nederlands, ‘n bundel …
’n Boek met deeglike teoretiese aandag aan verwaarloosde onderwerpe soos drama- en filmtekste gebaseer op romans en selfs ’n fotoartikel in ’n tydskrif. Indringende teksbesprekings lê klem op die estetiese kwaliteite van tekste, maar betrek ook ander aspekte soos ideologie, geskiedenis, filosofie en selfs biografieë. Hierdie boek bestryk ’n wye literêre en teoretiese spektrum en ontleed intertekstualiteit en intermedialiteit uitkringend sodat ’n boeiende literêre gesprek, wat getuig van ervaring en beleënheid, ontwikkel.
Prof. em. Heilna du Plooy, NWU.
Hierdie publikasie getuig van diepgaande kennis, vakkundigheid en ’n aktuele bewussyn en dra betekenisvol by tot bestaande kennis oor literatuur, drama en film, veral in Afrikaans. Die uitstekende inleidende hoofstuk lewer opsigself reeds ’n tasbare bydrae tot die relevante diskoerse en vorm saam met die slothoofstuk, ’n sterk inhoudelik inklusiewe oorkoepeling waarin diie hoofargumente kristalliseer. Die akademiese argument en gesprekvoering is van so aard dat dit ook op internasionale vlak belangstelling sal lok.
Prof. Chris Broodryk, UP.
Hierdie boeiende en waardevolle boek is na my wete die eerste vollengte boek oor die teoretiese implikasies van herskrywing, representasie en intermediasie binne die Afrikaanse letterkunde. Weens die teoretiese waarde van hierdie studie is dit nie beperk tot die Afrikaanse letterkunde nie en ook die wyer akademiese gemeenskap sou kon baat by ’n Engelse vertaling van hierdie boek. Een van die sterkpunte van die manuskrip is die saamvoeging van verskeie vorme van herskrywing, veral ook oor genregrense. Daarom is die bespreking van genrekonvensies en -teorie in die slothoofstuk insiggewend en veral hierdie hoofstuk sal van waarde wees vir navorsers en nagraadse studente.
Dr. Lida Krüger, Unisa.
Suiker (1958) is een van die veelbekroonde Vlaamse skrywer, Hugo Claus se beste dramas. Dit dek moeiteloos ’n wye register van taalgebruik van kru omgangstaal tot poëtiese hoogvlugte en is tewens geslaagde vermenging van naturalisme, melodrama en humor.
In die beklemmende ruimte van ’n suikerfabriek in Noord-Frankryk wag ’n vyftal Vlaamse gasarbeiders op die einde van die seisoen sodat hulle weer huiswaarts kan keer met hul karige loon. ’n Driehoeksverhouding tussen die geslepe Max, ’n koppelaar, die naïewe Kilo en die enigste vrouekarakter Malou, ’n jong, promiskue meisie van die dorp word in die loop van ’n paar dae belig. Binne hierdie tydsbestek kom alles tot ’n klimaks en word die partytjie waarna almal uitsien én die besef dat paradysverlies onomkeerbaar is, simbole van ontluistering. Die slot versigbaar dat drome, soos suikerspin vervlugtend is, maar die enigste manier is waarop die goor werklikheid verduur kan word.
’N PAMPOEN VIR KERSFEES
’n Pampoen vir Kersfees is ’n versameling van die rubrieke wat Hennie van Coller die afgelope twintig jaar skryf vir Volksblad.
Die aanvanklike opdrag aan hom as rubriekskrywer was om ’n aantal stukke oor sy Nederlandse verblyf te skryf. Baie van hierdie gekose rubrieke handel daarom oor reise, stede en buitelandse ervarings. As akademikus, pryswenner-kok én wynmaker skryf hy gevolglik ook graag oor die letterkunde, kos en wyn. Die rubriek is ’n meerkantige sub-genre wat soms na aan die essay beweeg en soms weer oorhel na die rasegte (kort) kortverhaal soos duidelik geïllustreer in hierdie versameling. In die tipiese rubriek is die skrywer daarvan (as gefiksionaliseerde “ek”) nog duideliker aanwesig as in enige ander persoonlike skryfwerk: Sý voor- en afkeure, sý belangstellings en sý hebbelikhede staan voorop. Dit word gerelativeer deur selfspot, satire, ironie en humor; elemente wat almal skering en inslag vorm in Van Coller se rubrieke.
Hierdie bundel is ’n eerlike en soms onthutsende besinning oor dit waaroor ons dink en waarbinne ons leef. Dit is leesstof vir elke betrokke leser wat ingelig wil wees en omgee vir ’n kollektiewe samespraak oor die mens, die land en die periferie daarvan.
Prof. Anthea van Jaarsveld