Terug na Lede
Fanie de Villiers
member
Lid sedert 22 Sep 2026
1
Naledi
member 459 Lede
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Ander Lede
2
ERF EN ELDERS
Naledi
Naledi ISBN: 978-1-991256-16-4
Kleinboer (Fanie de Villiers) het aan die Oos-Rand grootgeword, in Pretoria studeer, en woon in Yeoville, ’n Johannesburgse woonbuurt wat beter dae geken het. Hy het in die rekenaarbedryf gewerk voor die geskrewe woord hom getrek het. Terwyl hy vir verskeie koerante en tydskrifte as taalversorger gewerk het, het hy drie romans en ’n digbundel geskryf. Sy tweede digbundel, erf en elders, verskyn in Julie 2023. Hy skryf oor hoe hy en sy gesin in die stad oorleef, oor herinneringe aan sy kinderjare, en sy avonture in die “underbelly”, asook oor die verliese wat die dood van geliefdes bring. Hy ontsnap dikwels met ’n glasie wyn na ’n vuur in sy agterplaas.
Van my beste vriende is groen pyltjies en bruin bottels
Naledi
Naledi
Kleinboer skuil agter ’n skrywersnaam omdat hy, as Fanie de Villiers, te dikwels die vraag “Is jy die krieketspeler?” moes beantwoord, en om sy romans, waarin die hoofkarakter in-diepte navorsing in bordele doen, geheim te hou van sy vrou. Kleinboer het BSc studeer en toe vir langer as 20 jaar in IT gewerk, maar weens ’n begeerte om nouer met taal om te gaan, hom na die uitgewerswese begeef, waar hy as ’n taalversorger werk. Sy drie romans was Kontrei (bekroon met die Jan Rabie Rapportprys), Werfsonde en Hierdie huis. Met Van my beste vriende is groen pyltjies en bruin bottels debuteer hy as digter. Sy gedigte bevat huislike toneeltjies (nie altyd vredig nie), bedenklike groenkrui-gedagtes, en geheueflitse na wilder jare. Hy woon in Yeoville, Johannesburg. Hy probeer minder as twee maal oor naweke braai en kry dit soms reg.  

Stuur Boodskap

Kontak Fanie de Villiers direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗