<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
In GAAN VOLUIT IN DIE LEWE. Leef Geesvervuld! deel sy haar kennis wat sy tydens haar studies geleer en oorgedra het aan die hoërskoolleerders wat deur die jare by haar klas gekry het, sowel as haar insig en wysheid wat sy met die tyd bekom het op verskillende lewensterreine. Hierdie boek wys ook hoe ons die Heilige Gees moet toelaat om ons lewe nuut te maak, tot eer en verheerliking van die Here se naam te leef en lief te wees vir die mense rondom ons. Ons sien ook hoe ons as gevolg van ons geloof, algehele vrede in ons binneste kan ervaar.
Geniet hierdie Christelike leefstyl boek met riglyne vir ons daaglikse lewe!
Ria, wie se eerste twee doopname toe-val-lig ook Maria Magdalena is, is ’n predikantsdogter wat in ’n pastoriehuis grootgeword het. Sy het as kind en volwassene ’n voorbeeldige lewe gelei. Tog het sy in haar binneste gevoelens van onvergenoegdheid, afgunstigheid, vrese en wrokgedagtes gekoester. In haar veertigs het sy na ’n paar persoonlike beproewings, haar lewe aan die Here oorgegee en as ’n navolger van Jesus begin leef.
Sy het besef dat elke persoon met sy eie lewensreis besig is en dat niemand outomaties ’n Koninkrykslewe kan ervaar nie. Maria Magdalena se verhaal in die Bybel het sin gemaak. Jesus het Maria Magdalena vrygemaak van haar sonde, sodat sy Hom kon volg en ander mense kon dien. MARIA MAGDALENA, óns kan ook bevry word gaan jou help om jou eie lewe in oënskou te neem en ’n transformasie te ondergaan indien nodig, sodat Galasiërs 2:20 saam met Paulus en al die Christengelowiges deur die eeue heen bewaarheid kan word — en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe.
Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.