Back to Members
Sybrand de Beer
member
Member since 22 Sep 2026
1
Naledi
member 459 Members
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Other Members
1
Hulle noem hom Matrone
Naledi
Naledi
Die outobiografie van Sybrand Rynhardt de Beer, Hulle noem hom matrone, behels die aanloop tot en die viering van die hoogtepunte in sy loopbaan as die eerste manlike matrone in Suid-Afrika (1976) en daarna, eerste vroedmeester in die land (1979). Dit was geskiedenis in die beroep van ’n man in verpleging, destyds ’n oorwegend vroulike beroep, in Suid-Afrika. Die boek lig mylpale in verpleging uit en beskryf die eiesoortige eise en beperkings wat destyds aan mans in die professie gestel is. Die leser kry ’n blik op die professie van verpleging oor meer as 50 jaar. Sybrand het sy verhaal verpersoonlik met sy memoirs en kosbare foto’s. Sy verhaal is in ’n gesellige verteltrant geskryf en daar is grepe uit sy grootwordjare in die eietydse taalgebruik. Interessante koerant- en tydskrifartikels wat tydens die hoogtepunte van sy loopbaan verskyn het, vorm ook deel van die storie. Daar is na hom verwys as die “Vroedmeester”, ’n “Pa-trone”, “Doring van ’n matrone” en “Meneer die matrone”. Pittige opskrifte was “Yes sir that’s my baby” en “He strikes a blow for men’s lib”. Die boek is bedoel as ’n ode aan die beroep van verpleging en as inspirasie vir voornemende verpleërs en verpleegkundiges.

Stuur Boodskap

Kontak Sybrand de Beer direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗