<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Wat het jy werklik nodig?
Wat wil jy vreeslik graag regkry?
Watter droom wil jy laat waar word?
Het jy geweet? Jou lewe het ’n unieke doel wat net jý kan vervul. Die verrassing is dat jy kan kry wat jy vir ’n sinvolle lewe nodig het, deur te glo. Hennie J de Villiers, skrywer van die baanbrekerboek, Hoekom is ek hier? maak in sy jongste publikasie nuwe perspektief oop. Om te glo, behels ’n spirituele krag waaroor elke mens beskik – ook jy. Die geheim is net om hierdie krag te kan uitoefen.
Dit daag ons uit en vra ’n nuwe siening van God as spirituele krag. ’n Sielkundige studie van Jesus as mens verklap die geheim van pisteuó – die krag van glo. Niks goedkoop voorspoedgeloof nie; jy glo deur verantwoordelikheid te neem vir jou eie lewensdoel. Hierdie boek leer nie net wat glo behels nie, maar ook hoe om hierdie krag daagliks in te oefen, deur liefde te gee.
Maak jou lewe ’n plesier is ’n praktiese gids wat lesers help om geluk in elke dag te vind.
Baie mense is ongelukkig, depressief en angstig oor die lewe en hul toekoms. Dit is nie nodig om so te leef nie.
Almal kan ’n gelukkige en gebalanseerde lewe ervaar. Hierdie boek is vol keuses wat jy moet maak om blymoedig en vreugdevol te lewe.