<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Clinton V. du Plessis is gebore op Kookhuis. Sy vader was ‘n spoorweg-arbeider en sy moeder, aan wie hierdie bundel opgedra is, was ‘n huisvrou wat nie kon lees of skryf nie.
Joernaal verskyn 39 jaar na sy debuut by Perskor en is sy dertiende digbundel.
Hy woon op Cradock en is ‘n rekenmeester.