Terug na Lede
Willie Burger
member
Lid sedert 22 Sep 2026
1
Naledi
member 459 Lede
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Ander Lede
1
Karel Schoeman
Naledi
Naledi ISBN: 978-1-991256-46-1
Stiltes en stemme is ’n huldigingsboek vir een van die belangrikste Afrikaanse skrywers, Karel Schoeman. Karel Schoeman se oeuvre verdien ‘n huldiging, selfs as mens slegs na die omvang van sy lewenswerk kyk: 19 romans (en vier “jeugromans”); 52 historiografiese en biografiese boeke; 15 boeke is deur hom vertaal 9 Reisbeskrywings 2 outobiografiese werke meer as 160 historiese artikels en resensies in verskeie publikasies. Hy was ook die redakteur van 15 publikasies in die Vrystatia-reeks. Syfers vertel egter nie die hele verhaal nie. In hierdie huldigingsbundel word die wyse waarop hy stemme uit die stilte van die verlede ontruk het, van nader beskou, en word klem geplaas op die wyse waarop hy stilte kon gebruik om stemme beter te laat hoor. Schoeman se werk is al dikwels vergelyk met die werk van Marcel Proust maar die verband tussen hulle werk is nog nie tevore ondersoek nie. Willie Burger wys op merkwaardige ooreenkomste tussen Proust se literatuurbeskouing en Schoeman se roman. Die boek word afgesluit met ‘n omvattende bibliografie van Schoeman se werk en al die resensies, besprekings, artikels, proefskrifte en verhandelings daaroor. Dit is ‘n onontbeerlike hulpbron vir enige verdere navorsing oor Schoeman.    

Stuur Boodskap

Kontak Willie Burger direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗