<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Hierdie boek neem jou op ’n eerlike reis deur Job se verhaal teen die agtergrond van die Bybel se ewige waarhede. Job se verhaal is een van pyn, verlies en beproewing. Dit is ook ’n verhaal van elke gelowige wat op een of ander stadium beproewing, pyn, lyding of verlies in die gesig staar en met die baie waarom-vrae van die lewe gekonfronteer word.
Waarom word goeie mense deur rampe, ellende, siekte, pyn en lyding getref? Waarom moet ek deur hierdie swaarkry en ellende gaan? Waar was God toe die storm my getref het?
Waarom word goeie mense deur rampe, ellende, siekte, pyn en lyding getref? Waarom moet ek deur hierdie swaarkry en ellende gaan? Waar was God toe die storm my getref het?
Waar is Hy nou? Is Hy bewus van my ellende? Gee Hy om, hoor Hy my hulpgeroep en smeekgebede? Sal Hy my antwoord en my tot hulp kom? Maak God enigsins deel uit van die mens se dag tot dag ellende, hartseer, pyn en swaarkry?
In eenvoudige en verstaanbare taal, en met ’n stewige Bybelse fondasie, word die misterie rondom pyn en lyding belig op soek na antwoorde wat sin maak. Hierdie is ook ’n praktiese gids om in tye van beproewing sinvol en enduit op die geloofspad te volhard.
Die boek neem die leser ook op ’n reis deur ’n skatkis van poësie wat in die klassieke verhaal van Job, maar ook elders in die Bybel, opgesluit lê.
Openbaring met sy misterieuse visioene, hemelse en drake karakters, syfers en wiskundige kombinasies, hemelkore en donderslae en nog meer word vir die gewone leser in eenvoudige taal toeganklik en prakties aangebied. Die kerk op aarde maak haar as bruid gereed vir die bruilof van die Lam. ’n Onontbeerlike reisgids vir die aardse pelgrim op weg na ‘n hemelse tuiste.
***
S. N. (Steven) Bresler is ‘n afgetrede regspraktisyn na dekades van ‘n loopbaan as staatsaanklaer, staatsadvokaat en uiteindelik prokureur in privaatpraktyk. Sedert kindsbeen, regdeur sy studentetyd
aan die Universiteit van Stellenbosch asook sy latere regsloopbaan het hy ‘n passie vir God en sy geheimenisse ontwikkel. Hy skryf oor God se verborge bedoelinge in die profetiese boek
Openbaring as ‘n gewone mens vir die gewone mens in gewone verstaanbare taal. Onderliggend ondersoek hy ook uit ‘n regsoogpunt die aanwesigheid al dan nie van enige weerspreking en/of
inherente onwaarskynlikheid in die komplekse apokalips.
***
NIE FIKSIE
SAGTEBAND
213 x 137 mm
258 bladsye
ISBN: 9781776172689