<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
ʼn Lewe deurspek met die trauma van verwerping, verpletterde drome, verlies van meer as een geliefde aan kanker, tienerselfdood, die alleen stryd met ʼn ongeneeslike siekte, prestasie gedrewenheid, professionele jaloesie en skyndood word later ʼn lewe van wondergenesing, wat lei na vergifnis, bevryding en ʼn unieke en passievolle derde kans op die lewe.
Die leser word genooi om nie net die skrywer se lewensreis mee te maak nie, maar ook dié van mense op haar pad wat soortgelyke omstandighede, emosies en ervarings beleef het en om saam na hoop te soek en dit te beleef.
Die leser word gekonfronteer met die ongenaakbaarheid van tyd en die noodsaaklikheid van vergifnis en vrymaking om sodoende te leef met passie en die sekerheid van ’n lewensdoel wat impak en ’n blywende verskil sal maak en dus ’n nalatenskap sal laat.