Gert du Toit is in 1963 in Alberton gebore, maar bring sy kinderjare in Pretoria deur.
Hy volg in die voetspore van sy pa en sluit op sestienjarige ouderdom by die Suid-Afrikaanse Polisie aan. Tydens sy loopbaan as polisieman doen hy diens op verskeie plekke, onder meer in Oshakati.
Later is hy werksaam by Fidelity Guards, ʼn sekuriteitsmaatskappy.
In 2008 word hy bestuurder van ’n Dros-restaurant in die Kaap.
Hy en sy vrou ontwikkel ’n reeks gewilde braaisouse.
Gert woon in Kaapstad.
Anemari Jansen is ‘n Suid-Afrikaanse skrywer van fiksie en niefiksie en ʼn skryfmentor. Sy beskik oor ‘n meestersgraad in Afrikaanse letterkunde. Jansen is die stigter van Koorsboomstories waar sy aspirantskrywers begelei om hul memoires te boek te stel.
’n Negejarige seun en ’n pedofiel. ’n Pa en ’n samelewing wat anderpad kyk. Ook ’n noodgedwonge verblyf in die berugte Gert van Rooyen se huis in Cap…
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
’n Negejarige seun en ’n pedofiel. ’n Pa en ’n samelewing wat anderpad kyk. Ook ’n noodgedwonge verblyf in die berugte Gert van Rooyen se huis in Capital Park.
“Ek het lanklaas ’n boek gelees waarin iemand hom- of haarself so slim en in detail ontleed … Ná hierdie boek behoort Kleingert Grootgert te wees,” skryf Dana Snyman.
Kleingert is die aangrypende memoires van Gert du Toit, geskryf in samewerking met Anemari Jansen.
In die teks, wat beweeg tussen kinderherinneringe, volwasse refleksie en teologiese interpretasie, praat Gert rou en eerlik oor hoe sy lewe op negejarige ouderdom verwoes is en hy vyftig jaar alleen probeer het om sy trauma te verwerk.
Hy bevind hom op ’n wilde, selfvernietigende pad. Totdat alles te veel raak.
Met die hulp van ’n sielkundige leer hy om nie te probeer vergeet nie, maar vas te hou aan die enigste
twee ankers wat daar ooit vir hom was: sy Skepper en sy vrou, Karinie.
Kleingert is ’n boek wat gesprekke oor manlike trauma kan oopmaak – ’n onderwerp waaroor min Afrikaanse mans nog openlik geskryf het.