<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Oop sirkel bestaan uit agt afdelings wat sowel stilisties as tematies geïntegreer is en waarvolgens daar herhaaldelik op mekaar ingespeel word na gelang van die spel met sirkels wat op mekaar inbuig om nuwe perspektiewe te open.
Afdeling I bevat meestal gedigte oor die digter se persoonlike geskiedenis. Afdeling II bevat besonder ongewone liefdesverse en in Afdeling III vind mens heelwat van die temas wat in Afdeling I hanteer is, terug, maar nou met die ironie as toonaard. Afdeling IV handel veral oor filosofie en wetenskap.
Afdeling V bevat gedigte met ’n stewige skoot humor en Afdeling VI bevat nogeens ’n ironiese kyk na die mens. Afdeling VII handel oor die digkuns. Afdeling VIII bestaan uit tien prosagedigte.
Die Spaanse digter Pablo Neruda is ’n reus op die verhoog van die wêreldletterkunde. De Waal Venter, Afrikaanse digter en skrywer, bring met hierdie wye keuse van vertalings die sorgsame en elementele wêreld van Neruda met groot toewyding aan die Afrikaanse leser. Die woorde van ’n digter en ’n vertaler het mekaar hier gevind. Die Afrikaanse gevoels- en dinkwêreld word met hierdie bundel vertalings deur de Waal Venter eindeloos verruim. Hierdie is ’n tydlose werk, toeganklik en leesbaar met ’n vars inslag!
Vrugbeginsel – De Waal Venter: Die titel verwys na ’n tipiese vrugbeginsel van ’n plant. Die vrugbeginsel sit in die hart van die blom en daaruit ontwikkel die vrug wat uiteindelik ryp word en weer saad voortbring. ’n Gedig kan die begin van ’n vrug vir die leser wees – ’n vrug van verbeelding, van ’n beter soort verstaan van die wêreld om jou.