Terug na Lede
Wendy Maartens
member
Lid sedert 23 Sep 2026
1
Naledi
member 459 Lede
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Ander Lede
1
Kaptein Seeley
Naledi
Naledi
Gigi val pardoems! in Kimberley se Groot Gat terwyl sy die diamant soek wat haar moet help om ’n gesin van haar eie te kry. Vir langer as ’n week moet sy ’n stryd om oorlewing voer. Al troos is die blonde reddingswerker, John Seeley, wat weier om tou op te gooi. Gigi weet nie die hele wêreld is in rep en roer oor haar nie. Nog minder dat sy ’n nuwe naam – Kaptein Seeley – het! John kry dit uiteindelik reg om Gigi uit die Groot Gat te red en vir haar die huis te gee wat sy nog altyd so graag wou hê. Maar die grootste les moet sy nog leer: die kosbaarste skat is klaar diep in jou hart! Kaptein Seeley is die eerste kinderboek (5+) in die nuwe Selflees-Saamlees reeks van Naledi. Hierdie reeks gaan oor ware Suid-Afrikaanse dierestories wat geskryf is vir kinders wat net mooi self leer lees. Die storie word ook aangevul met ’n bietjie geskiedenis en riglyne aan kinders oor hoe om vir hul troeteldiere te sorg. Alles is op so ’n manier geskryf dat die kind self die boek van hoek tot kant kan deurlees. Agterin Kaptein Seeley is daar ook ’n QR-kode wat lesers kan volg om die regte Kaptein Seeley en John Seeley te ontmoet. Wendy Maartens woon in Table View – Sy is ‘n skrywer van kinderboeke, ‘n joernalis, en ‘n vertaler.  

Stuur Boodskap

Kontak Wendy Maartens direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗