Terug na Lede
Riaan Jansen van Vuuren
member
Lid sedert 23 Sep 2026
1
Naledi
member 459 Lede
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Ander Lede
1
Njannies
Naledi
Naledi ISBN: 9781067234935
Die Sweetpak Inkwisisie (en ander konfabulasies) Ek was nooit die ster atleet van die skool nie. Ek was die ou wat altyd in die bondel aangepiekel gekom het … maar hier teen die einde van my hoërskool lewe was ek minstens mooi aangetrek, snazzy en with-it. In die 70’s was ‘n sweetpak nie ‘n issue nie. Jy het twee keuses gehad: blou (met 3 wit strepies ) of rooi (met 3 wit strepies). Aan die onderkant van die broekspype was daar twee slingers. Daai slingers was bedoel om die tegnologiese wonder van die 70’s te wees want as jy die broek aantrek, het hulle om jou voetsole vasgehaak en kon jy jou tekkies bo-oor hulle aantrek. Voila! Jou broekspype bly vir ewig op jou enkels, maak nie saak hoe vinnig jy in st. 4 groei nie. Die jogger was in die 80’s onmisbaar. Dit was ‘n flimsy ou broekie wat van een of ander semi-deurskynende materiaal gemaak was. Lig en sag en los met ‘n baie toegewende rekkie om hom net-net om die middel vas te hou Dit was ‘n belangrike atletiekbyeenkoms en die laaste item van die dag. Die 4 x 100 meter vir seuns onder 19. My skool het reg langs my oorgeepunt gesit. Ek het opgekyk na my skool op die steil betonpawiljoen. Hiérdie was die ou manne se oomblik. Ons moes die 4×100 wen … en almal se oë was op my gerig. Ek was reg om deur die vuur te loop vir my skool. Dit was tyd … Ek het ‘n vinnige laaste skouperd passie gegee in die rigting van my singende tjomme, my bene reguit gemaak en my handpalms plat op die grond neergesit om my hammies ‘n laaste strek te gee. Ek het orent gekom, reguit na die st. 6’e en toe na die matrieks gekyk. Hulle het vir my gekyk. Ek het my hande op die Temba wolsweetpakbroek gesit en hom afgetrek tot op my enkels. Die Hoërskool Edenvale het histeries geraak. Meer as die helfte van hulle het regop gekom en gegil van plesier en opwinding terwyl hulle na my kyk. Ek het uiteindelik gearriveer. Hierdie was my oomblik van glorie. Ek het dankbaar en nederig afgekyk. En daar, in die Februarie-son, voor die pawiljoen van die RAU-sta…

Stuur Boodskap

Kontak Riaan Jansen van Vuuren direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗