Op 31 Mei 2023 is LELANIE ROODE se debuut boek uitgegee deur NALEDI-UITGEWERS.Dit was ‘n rekord-opkoms vir ‘n koue reënerige aand. Johan Coetzee uitgewer en eienaar van Naledi het Lelanie verwelkom en sy woorde was: “In sy uitgewers-loopbaan het hy nog nie iemand ontmoet soos Lelanie nie. Vanaf hulle ontmoeting by die Stellenbosch Woordfees tot vandag was die reis wat hierdie outeur en uitgewer geloop het een opwindende reis. Lelanie se entoesiasme en passie vir haar skryfwerk is aansteeklik.”
Biografie van Lelanie: Sy matrikuleer 1988 aan Rustenburg Hoërskool. Sy was onderhoof-meisie en het swem en gimnastiek as sporte op skool gedoen. Die grade BLC.LLB Kriminologie (Hons) aan die Universiteit Pretoria verwerf en ook daar op Tuks op ‘n ad-hoc basis as dosent klas gegee. Sy het vier kinders en tussen vrouwees, ma wees, dosent en swemafrigter-wees het sy stories geskryf. Kinderboeke: Kerneelsie Kaskenades: Bobbejaan stories op ‘n boer se plaas: Reeks van 8 boekies. Haar eerste roman: Poorte: Elke seisoen het ‘n storie—Wat handel oor ‘n alkoholis wat rehabiliteer in die Seweweekspoort in die Klein Karoo. (Biblaridion Uitgewers—reeds uit druk uit) Olifant op ‘n sweefstok het tussen Lockdown 2020 en 2022 gebeur toe Lelanie deur verskillende traumas in haar eie lewe gewerk het. ‘n Ope-hart-operasie nadat sy in hartversaking gegaan het, haar geliefde pa se siekbed en afsterwe en toe ook ‘n blindekol-egskeiding na ‘n huwelik van byna 30jaar.
Wat Lelanie se boek anders maak is dat sy ‘n Boek-Lokprent het: of op haar webtuiste te sien: www.lelanieroode.com: ‘n Leser-lus-maak-video/Lokprent is geskiet om haar gehoor/leser ‘n visuele kykie te gee van wat binne-in Olifant op ‘n sweefstok gebeur?
Dis ‘n Aksie-roman wat handel oor swem en die Olimpiese Spele. Die leser is meegevoer deur die drama, intriges en vuurwarm romanse. Persoonlikheid-tipes word geïdentifiseer wat Lelanie kon doen met haar Kriminologie agtergrond. ‘n Oplettende leser sal die: Egoïs, Narcissis, Introvert, Ekstrovert, Perfeksionis, Non-konformis/Rebel, Mense-plesierder, Empaat en Ambivert raaklees. Al hierdie karakters word meer in die opvolg-roman ontwikkel om lesers bewus te maak van die moontlike slaggate wat manipulasie, selfbehept-sentreerdheid, emosionele of on-emosionele gedrag, kritiek, konflik—alles inwerk tot meer of mindere drama en aksie.
Die titel is afgelei van die Engelse metafoor: “Elephant in the room.” Daardie onderwerp wat almal van bewus is maar niemand oor praat nie. Daar is heelwat “olifante” in die storie waarvan die grootste: Die onderlinge chemie en dinamiek tussen die karakters is. Die sweefstok het ‘n tweeledige simboliek en dit verteenwoordig die liefde en risiko.
Lelanie stel dit: “Almal wonder soms op ‘n sekere vlak hoe ‘n warm vry in ‘n koue swembad voel? Dit gaan oor droom en hoop, uitdagings en teleurstellings. Oor ekstase en dat die lewe kort is en tog ook baie lank.
Op 4 April 2024 hou Lelanie haar Gauteng-Boek bekendstelling. Met hierdie geleentheid is daar ‘n herontmoeting met haar mede-onderhoofseun van hulle matriekjaar. Cornelius Smit. 36 jaar later—met wat hulle albei beskou as ‘n “Divine Intervention/Appointment” land hulle op dieselfde aand op dieselfde plek. Daardie liefdes-vlinders wat hulle vas oortuig was dood is, begin weer fladder. Ná egskeidings wat seergemaak het, ontdek hulle ‘n skool-liefde wat nooit gesterf het nie. Dieselfde chemie waarvan Lelanie in haar roman skryf tref hulle soos ‘n weerligstraal daardie aand. Hulle weet nou en verkondig dis nie liefde is wat seermaak, weggooi, verwerp, bedrieg of verneder nie—dis mense wat dít doen. Wonderwerke gebeur!
As jy sou weet jy gaan vanaand sterf wat gaan jy vandag doen?” Gaan kyk op Lelanie se Instagram profiel: https://instagram.com/authorlelanieroode?igshid=MzRIODBiNWFIZA== en bestel jou kopie van: Olifant op ‘n sweefstok aanlyn: https://naledi.co.zaq/product/olifant-op-n-sweefstok/ dit is ook beskikbaar by die boekwinkels. Ook in E-boek by AMASON: https://amzn.to/4awU4aA
Daar is reeds navrae vir ‘n opvolg boek: Want wat gaan in die volgende 5-10jaar in hierdie karakters se lewens gebeur? ‘n Opvolg-boek is goed gekeur vir publikasie: VAL & SWEEF. Publikasiedatum: Feb/Mrt 2027.
Kontak Lelanie Roode direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.