Terug na Lede
WAM Carstens
member
Lid sedert 23 Sep 2026
1
Naledi
member 459 Lede
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Ander Lede
1
Ons kom van vêr
Naledi
Naledi
Die gesprek oor Afrikaans en die bruin mense wat die skrywers in hierdie boek aanroer, is tydig in die opsig dat ná al die ambivalensie oor die Afrikaans van ons hart en die onverkwiklike manier waarop ons in hierdie taal verdruk en misken is, ons ons vry­heid gekry het – wat ook verantwoordelikheid meebring om minstens onder mekaar klaarheid te vind oor wat nou vorentoe met ons taal moet gebeur. Dit is onomstootlik so dat ons as bruin mense die aard van die Khoisan en swart African met ons saamdra. Dit is net so waar dat ons ook Europees in die Anglosaksiese sin van die woord is. Ons is tewens ook trots bewus van ons Asiatiese herkoms. Afrikaans is ook die taal van ons slawevoorouers. Ons moet al hierdie tradisies vir onsself toe-eien. Madiba se waardering vir bruin mense spruit veral uit die sienswyse dat ons kern is tot die wording van die Suid-Afrikaanse volk en die sleutel hou tot die strewe na ’n nierassige volk: divers in ons eenheid. Ons moet in die proses van eenheid uit diversiteit onthou dat die jongste Afrikataal op ons tonge klank gekry het. Madiba se versoek – in Afrikaans – was ’n oproep tot ’n afskeid van selfbewustheid, ’n oproep om ons eiegoed te ken en om ons unieke rol in die nierassige toekomstige Suid-Afrika in te neem. Afrikaans is nie net die taal van apartheid nie; Afrikaans is ook die taal van die struggle en versoening. Dit is ook ’n aanduiding dat Afrikaans deel is van ons swart- en bruinwees, maar dat dit ons ook vasbind aan ons wit taalgenote. Met hierdie boek slaag die skrywers daarin om veral bruin Afrikaanssprekendes se trots in hul taal te laat herleef! Dit is geen geringe prestasie nie. – Dr Franklin Sonn

Stuur Boodskap

Kontak WAM Carstens direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗