<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Hierdie poësie gaan oor verhoudings en patrone. Tussen mense, tussen mens en omgewing, tussen getalle en geloof. Dit is ’n bundel oor broosheid, struktuur en verval. Dit kyk na die kwesbare samehang van die geheel en na onregte op sosiale vlak. Met ’n voorliefde vir dubbelsinnigheid pak die digter ’n kronkelende reis aan na die onsekere tussenruimtes van bestaan. Om die Ander te besoek is om die Self te begin ontsyfer.