Terug na Lede
Zarine Roodt
Zarine Roodt
member

Ek is waarskynlik ‘n laat ontwikkelaar – in die sin dat ek nóú eers, op 60+ – die werk doen wat my hart laat warm klop.

Ek skryf memoire, bied werksessies en retraites aan, en stel vroue aan byvoorbeeld droomwerk en skryfterapie voor. En ek doen dit omdat ek veral vroue ‘n blik op hul innerlike wêreld wil gee sodat hulle vroeg-vroeg reeds kan eien wat vir hulle persoonlike betekenis inhou en hul lewens daarvolgens kan rig.

Ná ‘n akademiese loopbaan met ‘n meestersgraad in die kommunikasiewese, suksesvolle sake-ondernemings, ‘n middeljarekrisis, en verdere studie in die sielkunde met ‘n meestersgraad oor skryfterapie, spits ek my nou toe op dít wat ek op die harde manier geleer het: dat die antwoorde binne jouself lê.

Lid sedert 23 Sep 2026
1
Naledi
member 459 Lede
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Ander Lede
2
n Dagreis ver
Naledi
Naledi ISBN: 9781776172078
n Dagreis ver: Ek besluit om die Camino Portugués te stap as aanloop tot my sestigste verjaardag. Maar om dít te kan doen, moet ek eers my lewenslange patroon van fisieke onaktiwiteit takel. Tot my ontnugtering is die Camino nie van begin tot einde die salige en spirituele ervaring wat ek in die vooruitsig gestel het nie. Maar tog … eers na afloop van die Camino besef ek hoe my staptog vorm aangeneem het en dat dít ’n psigiese rigtingwyser is: Vir my is daar maar net één pad, en dis die een wat ek self moet vind.
’n Dag reis ver – e-boek
Naledi
Naledi
Die e-boek is te koop direk op Amazon: Koop e-boek Ek besluit om die Camino Portugués te stap as aanloop tot my sestigste verjaardag. Maar om dít te kan doen, moet ek eers my lewenslange patroon van fisieke onaktiwiteit takel. Tot my ontnugtering is die Camino nie van begin tot einde die salige en spirituele ervaring wat ek in die vooruitsig gestel het nie. Maar tog … eers na afloop van die Camino besef ek dat hoe my staptog vorm aangeneem het ’n psigiese rigtingwyser is: Vir my is daar maar net één pad, en dis die een wat ek self moet vind.

Stuur Boodskap

Kontak Zarine Roodt direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗