<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Puntemasjien is ’n jeugroman met rugby as sentrale tema. Dit speel op ’n fiktiewe Bolandse dorpie af. Die hoofkarakter, Clint, word na die Boland se proewe genooi, met die oog op ’n plek in die Cravenweekspan.
Daar kom struikelblokke op sy pad, soos die aanranding van sy vriendin, Yolandi, asook die verdwyning van haar ma en sy pa se drankprobleem.
By sy eie huis wag daar nog ’n yslike skok op hom. Hy besluit om hom aan die proewe te onttrek. Maar sy liefde vir rugby is so diep gewortel dat hy nie sommer sy rug op die spel kan draai nie. Sy afrigter oorreed hom om sy besluit te heroorweeg en met sy aanmoediging begin lewenslesse uit die sport Clint se lewe verander.