Terug na Lede
Elsa van der Merwe
member
Lid sedert 23 Sep 2026
1
Naledi
member 459 Lede
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Ander Lede
1
Marionette
Naledi
Naledi
Na dertig jaar se getroude lewe staan Willemien Niemann voor ’n kruispad-keuse: moet sy getroud bly ter wille van haar kinders en haar erfgrond, of moet sy skei. Kan sy op haar eie oorleef nadat Neels haar selfrespek en mens­waardigheid met manipulasie en emosionele teistering uitgewis het en daar niks oor is van haar ou self nie? Sy probeer sin maak waarom sy dit toelaat, hoe sy hier beland het, wat haar aandeel in sy woedebuie is. Is hy wat hy is as gevolg van haar? En waarom kan sy nie net voet neersit en sterk staan nie? Binne een seisoensirkel van die druif en met die hulp en ondersteuning van Lea, haar huishulp en kleintyd-speelmaat, kom sy tot die insig dat sy nie ’n willose slagoffer van die lewe of die natuur is nie, maar iemand wat self ver­antwoordelik is vir haar keuses – ook die gevolge daarvan. Maria se gesegde dat “mossies nie die vinkies kan help om nes te bou nie, al sukkel die vinkies hoe”, geld nie meer nie. Geen mens is ’n eiland nie en as sy opkyk, sien sy die genadehande wat haar elke dag dra. Marionette gaan oor die emosionele aftakeling en mishandeling wat daag­liks in ’n mindere of meerdere mate in huishoudings afspeel – ongeag kleur, kultuur, godsdiens of finansiële status.

Stuur Boodskap

Kontak Elsa van der Merwe direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗