Naledi
ISBN: 978-1-77617-258-0
PETRA MÜLLER – Die skerpgevylde oomblik. ’n Huldiging
Die skerpgevylde oomblik is ’n huldigingsboek vir geliefde en
bekroonde skrywer Petra Müller en bied nuwe perspektiewe en
herwaarderings van haar bekendste werk. In agt hoofstukke deur
gewaardeerde kenners word onderhoudend en insiggewend geskryf
oor posthumanisme, totemisme, mens-dierverhoudings en ekokritiese
aspekte in Müller se kortverhale, terwyl ook sin-beeld verhoudings en
die elegiese en erotiese in haar poësie bespreek word. In ’n oorsig oor
haar skryfloopbaan, word vir die eerste maal ’n inklusiewe beskouing
gegee op die veelsydige produktiwiteit van hierdie skrywer. Sy was
joernalis wat reisartikels en essays geskryf het, en sy was resensent. Vir
haar populêre romans, tydskrifverhale en koerantrubrieke het sy ook
skrywersname gebruik; en sy het kinderboeke vertaal en kinderboeke
geskryf. Alles bykomend tot die literêre oeuvre van agt digbundels en
vier bundels kortverhale.
In November 2022 verskyn Die skerpgevylde oomblik, onder
redaksie van Karen de Wet, in die SAAWK se huldigingsreeks oor
Hertzogpryswenners. Die reeks bied akademiese perspektiewe (met
dubbelblind ewekniebeoordeelde artikels) en lewer ’n wesenlike bydrae tot bestaande literêr-historiese navorsing.
In vyftien nuwe gedigte wat oor Müller en haar werk handel, word telkens ’n heel eie lig gewerp op Müller en onderwerpe
waaroor sy dikwels geskryf het, op hoe sy gekyk en verwoord het en ook op die invloed wat sy as mens en digter gehad
het. Die digters is Dominique Botha, Breyten Breytenbach, Marius Crous, Johann de Lange, Thomas Deacon, Tom Dreyer,
Clinton V. du Plessis, Heilna du Plooy, Melanie Grobler, Joan Hambidge, Marlise Joubert, Loftus Marais, Charl-Pierre Naudé
en Carina Stander.
Die navorsingsbydraes is geskryf deur Riëtte Botma (US), Marius Crous (NMU), Karen de Wet (UJ), Sonja Loots (UK), Susan
Meyer (NWU), Adéle Nel (NWU), Francois Smith (UV)en Louise Viljoen (US).
***
Karen de Wet is mede-professor aan die Universiteit van Jo…