Terug na Lede
Albert B Geldenhuys
Albert B Geldenhuys
member
Lid sedert 23 Sep 2026
1
Naledi
member 459 Lede
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Ander Lede
1
Op die spoor van die kerkargitek Wynand H Louw
Naledi
Naledi ISBN: 9781997476498
Hierdie boek is tegelyk ʼn beskrywing van vele reise – fisiek, geestelik, akademies en meer – op die spoor van Wynand Louw. Albert en Maretha Geldenhuys reis oor vyf jaar bykans 40 000 km kruis en dwars deur al nege provinsies van Suid-Afrika om soveel as moontlik van Louw se kerkprojekte te besoek. Die teks word aangevul deur oor die 300 foto’s van verskeie kerke wat hulle op hul reise besoek het. Louw se lewensverhaal word vertel. Sy impak as kerkargitek word beskryf teen die agtergrond van die ontwikkeling van kerkargitektuur wêreldwyd oor millennia, maar ook spesifiek die gereformeerde kerkargitektuur aan die Kaap sedert 1652. In die proses verwesenlik ingenieur Albert ʼn kinderdroom deur ʼn M-graad in argitektuur in 2024 te verwerf in navolging van sy oupa Wynand. Maar wie was Wynand H Louw? In 1905, kort na die Anglo Boereoorlog, gaan studeer hy argitektuur aan die Architectural Association in Londen, die oudste argitekskool in Brittanje. Hy word beskou as die eerste Afrikaanssprekende Suid-Afrikaanse argitek wat tersiêr opgelei is. Louw ontwerp in 1909 as 26-jarige sy eerste kerkgebou, die NGK Port Elizabeth. Gedurende ʼn halfeeu as praktiserende argitek ontwerp Louw en sy praktyke meer as 120 kerkgeboue. Hy speel ook ’n leidende rol met die modernistiese ontwerp van kantoorgeboue soos die Waalburg-gebou en die Ou Mutual-gebou in Kaapstad, wat by voltooiing die hoogste kantoorgebou in die Suidelike Halfrond was. Louw se baanbrekersbydrae word in 1940 erken toe die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ʼn erepenning aan hom toeken.

Stuur Boodskap

Kontak Albert B Geldenhuys direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗