<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Onderweg op die Agtvoudige Pad
In menige opsig (insluitend religie) leef ons in ‘n tyd van krisis: van die skynbare ineenstorting van religieuse, mitologiese werklikheidsmodelle, intellektuele konstruksies en sosiale institusionaliserings wat individue en kulture deur millennia gedra het. Hierdie krisis raak nie net een religie (bv. die Christendom) nie, maar almal, as uitinge van die een, na sin smagtende mensheid, op ‘n aarde, self in ‘n diep ekologiese krisis, grootliks die gevolg van menslike denk- en gedragswyses.
Die situasie waarin ons ons bevind, kan ook gesien word as ‘n tyd van moontlike nuwe begin, oorbegin. Hierdie boek proklameer nie, voer geen propaganda-oorlog nie, maar tree in kort meditasiestukkies in gesprek met sy lesers, saam in gesprek met uitnemende mistieke denkers van die menslike verlede as een geheel, hier veral met Theravada Boeddhisme. Ons is pelgrims, as een lotsgemeenskap op weg na, en hopelik verlig terug van, ‘n laaste, stil horison, met die moontlikheid van ‘n lewe tot voordeel van alle lewe.