<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Namate Suid Afrika se vooruitsigte toenemend desperaat raak, word die konvensionele siening dat die apartheidsjare van die vorige eeu net skande, armoede en wanhoop gebring het dikwels bevraagteken. Vandag se inwoners, navorsers, en politici verdien om te weet wat werklik sommige van die gedagtes, uitdagings, suksesse en mislukkings van daardie tyd was.
Hierdie boek handel oor Lukas Mangope wat apartheid verafsku het en menswaardigheid en rasseharmonie in die Republiek van Bophuthatswana bevorder het. Hy en sy land is internasionaal as ’n ongewenste produk van apartheid, gebrandmerk. Tog het die land 17 jaar van opwindende tye met suksesse en prestasies vergelykbaar met die beste in Afrika opgelewer. Die boek is deurspek met feite, staaltjies en geite om die leser binne konteks te plaas en die aandag te boei.
Tydens veelparty onderhandelinge vir die nuwe Suid Afrika is die drie pilare wat Mangope as ononderhandelbaar beskou het, naamlik demo-krasie wat tot ‘n federale bedeling lei, ‘n verbintenis tot die vrye mark as bolwerk teen kommunisme en die erkenning van groep identiteite, op die altaar geoffer.
Wat kan ons hieruit leer?