<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
NUWE UITGAWE!
WÊRELDTREFFER
NOU WEER IN AFRIKAANS!
In hierdie werk beskryf Viktor Frankl hoedat die lewe in ‘n Duitse konsentrasiekamp antwoord gebring het op die vraag wat hy so dikwels gestel het: Waarom pleeg mense wat swaar beproef word of gebuk gaan onder kwellings nie selfmoord nie?
Maar elkeen moet self uitvind wat die betekenis van sy lyding is.
Die verantwoordelikheid hiervan kan nie op ‘n ander afgeskuif word nie. Vir Frankl beteken so ‘n verantwoordelike, sinvolle lewe: Wie ‘n waarom besit waarvoor hy kan lewe, kan byna elke hoe verwerk.
SO ‘n wyse van lewe beteken ‘n radikale omkering in die vraag na die betekenis van die lewe: jy vra nie meer wat is die betekenis van die lewe vir my nie, maar watter sin gee ek aan die lewe.
Nelson Mandela tuur vir 27 jaar deur die tralievensters… Wat het hom geïnspireer om voort te gaan?