Back to Members
Lizelle von Wielligh
member
Member since 24 Sep 2026
1
Naledi
member 459 Members
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Other Members
1
Voete van klei
Naledi
Naledi ISBN: 978-1-991256-57-7
Moenie dít nie en moenie dát nie het baie keer die teenoorgestelde uitwerking op tieners. Hoe praat ʼn ouer dan met ʼn kind oor ʼn sensitiewe onderwerp soos voorhuwelikse seks? • As Christenouer weet Lizelle von Wielligh hoe moeilik dit is om leiding vir haar kinders te gee. Daar kom ʼn dag wanneer jy nie meer namens hulle besluite kan neem of keer dat hulle hul koppe stamp nie. Hoe berei jy hulle dan voor op die versoekings wat oor hulle pad mag kom? • Jesus het graag deur middel van stories ʼn boodskap aan mense oorgedra. Dit is waar Lizelle aan die idee vir haar nuutste roman, Voete van Klei, gekom het. Sy glo vas ʼn storie het groter trefkrag as ʼn preek wat jy vir ʼn kind afsteek. • Die leser kan in Voete van Klei met Jenna se onsekerheid oor haarself en haar voorkoms identifi seer. Hulle raak saam met haar verlief op die gewilde Claude de Ridder en sweef saam met haar in die wolke wanneer hy haar uitkies. Wanneer Claude haar druk om verder te vry, deel hulle in haar worstelstryd, want sy wil hom nie verloor nie. En wanneer sy dan uiteindelik swig, dra hulle saam met haar die gevolge. • Die skrywer gaan omsigtig te werk met fi sieke aanraking. Sy hanteer Jenna se misstap met deernis en laat die leser met die versekering dat God se genade altyd sal sorg vir ʼn lig aan die einde van die tonnel. Daarom is die boek nie net vir tieners bedoel nie, want ons het eintlik maar almal voete van klei.  

Stuur Boodskap

Kontak Lizelle von Wielligh direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗