Terug na Lede
Robert Vosloo
member
Lid sedert 24 Sep 2026
1
Naledi
member 459 Lede
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Ander Lede
1
’N LEWE HIER
Naledi
Naledi ISBN: 978-1-991256-14-0
‘n Lewe hier: Gedagtes oor tyd en ander gawes bevat ‘n keur uit die skrywes wat Saterdae onder die skrywersnaam RRV in die rubriek “Geestelike waardes” in Die Burger en op Netwerk24 se digitale platform verskyn het. Hoe eien ons hierdie lewe, hiér en nóú, toe as óns lewe? Hoe onthou ons die verlede reg? Wat behels ‘n lewe – ook ‘n lewe saam met ander – wat in die teken van genade en dankbaarheid staan? Hoe praat ons oor hoop te midde van donkerte en angs? Hierdie is van die vrae wat in ‘n Lewe hier ter sprake kom. In die Voorwoord tot ‘n Lewe hier skryf Cas Wepener oor die skrywer en hierdie boek: “Vosloo lees wyd en hy sluit werklik ’n biblioteek vir die leser oop – teologie en filosofie is gunstelingvelde maar so ook prosa en poësie. Groot denkers se insigte word op bevatlike wyse kompak vir die leser ontsluit. Hy betrek ook films en musiek en reise en wyn. Alles wat beleef word, is ’n bron. Jy ontmoet medereisigers op die pelgrimstog van die lewe. Ook reisigers wat ons voorgegaan het. Mistici uit die Middeleeue en moderne monnike. Filosowe deur die eeue. Bybelkarakters en teoloë. En kunstenaars van alle genres wat deur skoonheid soek na sin.”

Stuur Boodskap

Kontak Robert Vosloo direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗