<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Woordenaars
Woordenaars is die vergestalting van die baie bekende aanhaling van die
Amerikaner Nancy H Kleinbaum (van Dead Poets Society-faam) wat lui:
We don’t read and write poetry because it’s cute. We read and
write poetry because we are members of the human race. And
the human race is filled with passion. And medicine, law, business,
engineering, these are noble pursuits and necessary to sustain life.
But poetry, beauty, romance, love, these are what we stay alive for.
In Woordenaars kom al die aspekte wat sy noem en waarvoor die
mensdom veronderstel is om voor te leef, aan die bod. Die skoonheid
van die natuur, mens en die wêreld waarin ons woon en romanse word
hier verwoord. Maar ook die negatiewe magte wat die mens verhoed om
voluit lief te hê, die natuurskoon in te adem, kortom om voluit te leef, word
hier op verskeie maniere aangespreek. En die refrein wat bly eggo: Ons
leef vir die Afrikaanse digkuns!
“wanneer jy die moedertong
in my mond laat verdor
neem jy die wêreld weg
verduister jy my geheue …”
Uit: “die tongvervreemding” Breyten Breytenbach
Dit is Woordenaars se strydkreet: Moenie ons Afrikaanse tonge stilmaak
nie!
***
Elias P. Nel is ’n bekroonde skrywer en kultuuraktivis. Onder sy publikasies tel drie bundels
kortverhale (streeksletterkunde), ’n kinderboek en geestelike boek. Hy het ’n passie om beginnerskrywers te bemagtig en het reeds as voorsitter van die destydse Afrikaanse Skrywersvereniging
’n dig- en kortverhaalbundel saamgestel en as mede-samesteller met Willem Feansman ook ’n
kortverhaalbundel vir die voormalige ASV die lig laat sien. Hierdie publikasie is ’n verdere bewys
van sy strewe en ywer om beginnerskrywers te laat publiseer.
***
DIGBUNDEL
213 x 137 mm
150 bladsye
ISBN:978-1-77617-260-3