Terug na Lede
Carel Anthonissen
member
Lid sedert 24 Sep 2026
1
Naledi
member 459 Lede
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Ander Lede
1
Vuurvas
Naledi
Naledi
Vuurvas is ’n meditasie en ’n belydenis wat die ironie en paradokse van die bestaan nie uit die weg gaan nie. Algemeen menslike belewings vind hier neerslag in ’n fynsinnige digterlike vorm. Wat bely word, is ervarings van verlies en aanvaarding, maar veral die proses van loutering. Niks word gelouter of gesuiwer sonder pyn nie. Die gedigte gaan oor die onskuld en verwagtinge van ’n kind in sy eerste landskap, die ontnugtering en vervreemding wat die volwasse bestaan meebring, en die uiteindelike aanvaarding en omarming van pyn, siekte, ouderdom en dood. Talle gedigte verwoord die belang van vriendskap, stilte en eenvoud in die strewe van die digter-spreker en sy vermeende lesers om beter, meer aards en regverdiger te lewe. In ’n tyd van vervlakking, konflik, ontremde kommunikasie en gejaagdheid, bied Vuurvas nie alleen ’n verwysing na die onvernietigbare kiem van hoop, regskapenheid en welwillendheid in die mens nie, maar dien ook as ’n voorbeeld van aandagtige en gevoelige omgang met taal en verwoording. Marlene van Niekerk Die brandlelie – ’n blom met ’n salm-rooi kleur (sien voorblad) – verteenwoordig ’n merkwaardige natuurverskynsel. Dit is dié van opbloei en groei te midde van en selfs as gevolg van vuur, brand en vernietiging. Die brandlelie verskyn gewoonlik nege dae na ’n veldbrand. Dit is die eerste teken van lewe wat soos ’n feniks uit die as verrys. Hierna bly dit periodiek groei, dikwels tot vyftien jaar.

Stuur Boodskap

Kontak Carel Anthonissen direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗