Terug na Lede
François Durand
member
Lid sedert 22 Sep 2026
1
Naledi
member 459 Lede
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Ander Lede
3
DIE MENSLIKE DIERETUIN
Naledi
Naledi ISBN: 9781776172436
DIE MENSLIKE DIERETUIN Een van die gewildste programme, Die Professor, op Amore Bekker se oggendprogram op RSG is nou in boekformaat. • Die ideale Kersgeskenk! • Hierdie program word weer in Oktober hervat. Die Menslike Dieretuin nooi die leser uit tot ʼn unieke leeservaring oor die belangrikste parasiete en ander organismes wat in en op ons leef. • Die gedetailleerde illustrasies en beskrywings sorg vir ʼn besonderse leeservaring en maak hierdie interessante onderwerp toeganklik soos nog nooit tevore nie. • Vars uit die navorsers se penne. • Die jongste en mees relevante boek tans oor die parasitologie beskikbaar. • Vir alle leergieriges! • Lesers kom meer te wete oor parasiete, maar ontwikkel ook ’n dieper insig in die natuurlike wêreld en die mens se plek daarin. • Kontroversieel: bv. die feit dat ʼn groot persentasie mense met toksoplasmose besmet is wat tot depressie en ander neurologiese probleme kan lei, of dat ʼn wanbalans in jou derm-mikrobes die hoofoorsaak vir suikersiekte en kolonkanker is. • Die omvattende woordelys saam met die tekeninge is ʼn besonderse geskenk aan die Afrikaanse leser. *** One of the most popular programmes, Die Professor, on Amore Bekker’s RSG show is now in book format. • The ideal gift this Christmas! • From October this programme continues with Amore Bekker and François Durand. The book, Die Menslike Dieretuin, invites the reader into a unique reading experience on the most important parasites and other organisms that live on and in us. • The many illustrations and detailed descriptions make this a reading experience as never before. • Fresh from the researchers. • The most recent and relevant book currently on parasitology available. • For everybody with an eagerness to learn! • Readers get to know much more about parasites but also gain some insight into the natural world and man’s place in the universe. • Very controversial, for example, the fact that a large percentage of people have toxoplasmosis which could lead to depression a…
Nemesis
Naledi
Naledi ISBN: 9781997476184
Die skrywer van Die Menslike Dieretuin, soos gehoor op RSG publiseer sy nuutste boek! Francois Durand praat vroeg in 2026 weer op RSG oor hierdie boeiende onderwerp en jy kan eerstehands in al die kennis deel deur dit in die boek, vars van die pers, te lees. Hierdie boek verskil van ander boeke wat oor die herkoms van die mens en beskawing handel. In daardie boeke lees mens van die opkoms van die mens en hoe, ondanks die amper onoorkomelike uitdagings, die mens nie slegs oorleef het nie, maar tot nóg groter hoogtes kon ontwikkel asof dit die lotsbestemming van die mens was. Ons oorwinning oor die natuur deur middel van tegnologiese vooruitgang, wat tot die ontstaan van beskawing gelei het, word deur die meeste ander skrywers as iets bewonderenswaardig beskou. In hierdie boek word drie strome van menslike ontwikkeling – biologies, ekologies en tegnologies – saamgeweef. Die paadjie waarlangs die mens ontwikkel het, vanaf ons ontstaan op die Afrika savanna tot die vooraand van die Sesde Uitwissing, word gevolg terwyl die ekologiese gevolge van elke tegnologiese deurbraak, vanaf die ontdekking van steenwerktuie tot by landbou, belig word. Hierdie boek gaan oor die eerste en die laaste hoofstukke in die verhaal van die mensdom en hoe die hoogtepunt van ons bestaan, naamlik beskawing, wat deur wiskunde, kuns, kultuur, fi losofi e, wetenskap, ekonomie, skrif, argitektuur en ingenieurswese gekenmerk word, ten koste van alles anders was. Ons oorwinning oor die natuur was uiteindelik, onafwendbaar, ook ons ondergang.
Nemesis (E-book)
Naledi
Naledi ISBN: 9781997476184-781997476185

Stuur Boodskap

Kontak François Durand direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗