Die Geheime Oorlog: Henning van Aswegen se Spioenasie-onthullings en die Verhaal van The Daisy Spy Ring Onregsdienaars
Naledi — steeds 'n ster in die uitgewersbedryf
Afrikaans Boek Naledi Uitgewer

Naledi — steeds 'n ster in die uitgewersbedryf

Die naam Naledi beteken nie verniet "Ster" nie — 'n woord uit Sepedi (Noord-Sotho). Johan Coetzee van Gansbaai en eienaar van Naledi het die uitgewersbesigheid in 2005 gestig — sowat 21 jaar gelede. Sedertdien het Naledi net van krag tot krag gegroei. Danksy 'n toegewyde span staan hierdie onafhanklike uitgewershuis vandag sterk en spog dit met verskeie trefferboeke, deur hom uitgegee, wat gesogte pryse ingepalm het.

Johan is nie net met "buite-skrywers" doenig nie, maar het altyd 'n oop hand om ons omgewing se skrywers te ondersteun. "Tertia Swart is my regterhand, met my vrou, Mimi, wat my heelhartig ondersteun en bystaan," vertel Johan. Mimi het 'n vorige keer gesê Johan se skrywers is soos sy kinders vir hom.

Nou het Johan weer 'n trefferboek, geskryf deur Chris Marnewick, uitgegee — Oscar Pistorius: The Big Lie and the Right to a Fair Trial. Dit is 'n boek wat sonder twyfel groot opslae gaan veroorsaak en waarskynlik ook hewige debatte gaan ontketen. Oscar Pistorius is reeds op 5 Januarie 2024 uit die Atteridgeville-gevangenis vrygelaat, nadat hy meer as die minimum vonnistydperk vir moord uitgedien het. Uit die onderstaande resensie sal lesers van die boek maar hul eie afleidings moet maak. Die boek is reeds by boekwinkels beskikbaar, maar Tertia kan ook vir eksemplare by [[email protected]](mailto:[email protected]) of 078 648 8616 gekontak word.

## Resensie

Chris Marnewick se Oscar Pistorius: The Big Lie and the Right to a Fair Trial bied 'n vars en uitdagende blik op een van Suid-Afrika se mees opspraakwekkende strafsake. Marnewick, 'n afgetrede, maar ervare senior advokaat en voormalige waarnemende regter, keer terug na die oorspronklike hofrekord en ondersoek die getuienis, hofprosedures en regsbesluite wat tot Pistorius se uiteindelike skuldigbevinding aan moord op sy eertydse meisie, Reeva Steenkamp, gelei het.

Die skrywer se uitgangspunt is ietwat omstrede: hy meen dat Pistorius wel aan strafbare manslag skuldig was, maar nie aan moord nie, en dat die appèlhof se beslissing om die skuldigbevinding na moord te verander, verkeerd was. Hy bevraagteken onder meer die staat se weergawe van die gebeure, die wyse waarop Pistorius tydens kruisondervraging behandel is, en of die beginsel van 'n billike verhoor behoorlik eerbiedig is.

— Hardus Botha

*Hierdie artikel het oorspronklik in die Gans-Berg Nuus verskyn en word met erkenning geplaas.

👍 1 ❤️ 1
Riku Lätti
As ek dit reg het, is die Naledi app nou die mees populêre app in die Taalhuis.co.za , welgedaan!
04 Sep, 21:36
Vorige Die Geheime Oorlog: Henning van Aswegen se Spioenasie-onthullings en die Verhaal van The Daisy Spy Ring Volgende Onregsdienaars
Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗