Naam: Hendrik Johannes Steyn
Geboorte Datum: 25 Aprili 1952
Kwalifikasies ; MBChB, MMed ( Anaes)
Beroep: Anestesioloog
Huwelik: Getroud
Kinders; 3
Kleinkinders: 2
Woon: Pretoria
Ek is in Winburg gebore en het in Pietersburg groot geword en daar matrikuleer (1969) en daarna medies studeer en later gespesialiseer in Anestesiologie by Tukkies,
Was in privaat praktyk(invennootskap) in Pretoria totdat ek op 70 afgetree het.
Altyd baie belang gestel in nuus en politiek (As student aan eerste Flinkdink program deelgeneem)
Was op Perdeby redaksie op Universiteit en later redakteur van Mediese Vereniging se nuusbrief in Pretoria.
Nooit lid van enige party gewees nie maar na my uiters konserwatiewe ,Calvinistiese en Nasionale Party opvoeding het ek na vakansie werk by sending hospitaal my opinie heeltemal verander en van Zyl Slabbert gevolg en gesien dat ons slegs sal oorleef as almal in die land kan saamwerk en selfde kanse kan kry.
Daarom is ek opgewonde oor die AvSA netwerk en wil graag 'n bydrae probeer maak.
Brugbouers
'n Brug verbind twee punte met mekaar en is seker so oud soos die berge.Die oudste beskrywing van 'n brug is deur die geskiedskrywer Herodotus wat 'n brug oor die Euphraat rivier in Babilonië beskryf wat op klip pilare gerus het wat met hout stompe verbind is om die dek te vorm wat snags vir veiligheid verwyder kon word in die jaar 6000 vG.J..
Vandag het die begrip verbreed en dui dit ook verbindings tussen mense,groepe kulture en volke is via alle moontlike mediums in.
Opponente van die AvSA beskuldig ons dikwels dat ons net praat en niks doen nie, Dit is ver van die waarheid af.
Ons is medewerkers met die Betereinders. ( Het self sokkerballe geborg) en van ons lede doen al jare wonderlike werk om brue te bou en mense te help.
Tien jaar gelede het Ruda Landman en Murray Hoffmeyer met Carl Fisher ,destyds bemarkingshoof van Capitec vergader en hom gevra om hulle te help on 'n droom te ondersteun. Die droom was die Study Trust Mentor Program vir eerste jaar studente wat tot op daardie stadium met beperkte fondse baie goeie reultate behaal het.Van Schaik Publishing het reeds die WORD dokument in 'n pragtig gedrukte boekie omskep - THE GRAD -Your guide to University, 'n Eenmalige skenking het hulle instaat gestel om 10,000 boekies aan vier universiteiete te verskaf maar hulle wou alle universiteite bereik.Capitec het feitlik dadelik as borg toegetree en in 2017 is die 100,000 kerf bereik wat na 18 universiteite versprei is en teen 2025 was die getal is 250,000 na 25 universiteite versprei.
Capitec het voorgestel dat finale jaar studente ook betrek word en so is GradNext gebore.Tydens covid 19 is minder GRAD boekies versprei en die surplus is aan skole beskikbaar gestel.wat gelei het tot MyNext/Wat'sVolgende gemik op matrikulante,
Teen 2026 is 1miljoen GRAD en 250000 GradNext eksemplare versprei.
Ongelukkig is Capitec se borgskap nou gestaak wat noodwendig lei tot verandering in denke en van 2027 is die handleidings net aanlyn by www.grad.org.za beskikbaar wees en word almal versoek om die boodskap so wyd moontlik te versprei.Die inhoud word ook opdateer. Waar internet nie geredelik beskikbaar is nie is dit wel by universiteite op PDF formaat beskikbaar wat dit hopelik op Whatsup kan versprei. Daar is ook 'n nuusbrief : Thought Of The Week beskikbaar.
Hierdie is maar een van vele brüe wat van ons lede bou en onderhou.
Ons is brugbouers na almal sodat die hele land die vrugte kan plant
Werksaam se eerste advertensie het die kol getref! Roelf Meyer se boekvrystelling in Menlyn se Exclusive Books was die gevolg.
Daar was heelwat mense, bekendes soos Chris Fismer en heerlike wyn om te geniet.Die gasvrou was Annelise Burgess wat ook medeskryfster het hom formeel as u Ekselensie ons Ambassedeur in die VSA voorgestel maar daarna oorgeslaan na Roelf,
Hy was gemaklik en het vertel van sy eerste ses jaar op die plaas waar hy soos 'n enkel kind gevoel met sy broer nege jaar ouer,Noodgedonge was sy enigste speelmaat die een plaaswerker se seun wat net so oud soos hy .'n ware Dawid en Jonatan situasie het ontwikkel tot hulle skool toe is en apartheid hulle vir ewig geskei het
Die rede vir die boek was om sy perspektief oor die onderhandelinge vir 'n nuwe bedeling vry te stel en leemtes te vul wat Mandela ,FW en Cyril in hulle memoirs beskryf het en so die kringloop te voltooi.
Vraetyd het heelwat pitkos opgelewer. Vir my was sy oorgang van sterk ondersteuner van apartheid tot die verwerping daarvan baie interessant.Hy het dit beskryf as 'n pragmatiese proses nadat hy besef het die land kan nie so voortgaan nie en later het hy 'n paradigma skuif ondergaan waar hy hart en siel ingekoop het in 'n Suid Afrika gebasseer op gelyke regte vir die indiwidu verskans in die grondwet teenoor groepsregte wat net verdeeldheid sal laat voortgaan.
Sy laaste opmerking oor ons toekoms is dat ons almal na die middelgrond moet streef waarheen ons goed oppad was totdat Zuma dit laat verbrokkel het en vandaar die aanslag vandag van regs en links om hierdie vakuum te vul.Sonder 'n sterk gematigde middelorde is chaos ons voorland. Nie net by ons nie maar oor die hele demokratiese wêreld.
Die aand was genotvol met heelwat pitkos.Ek is Roelf net een voor. Ek het die NP lank voor hom vaarwel toegeroep!
Kontak Johan Steyn direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.