🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek
❤️ Samewerking Borg AvSA →

💡 Voorstelle

Deel jou idees vir Afrikaners vir Suid-Afrika. Stem saam met voorstelle wat jy ondersteun, en gesels saam.
Teken in om 'n voorstel te maak, saam te stem en kommentaar te lewer.

Gedagtes oor die pad vorentoe: 19 Okt gesprek

Ontvang Deur Chris Spies · 16 Oct 2026 · 💬 1
Aangesien ek ongelukkig nie die 19 Oktober gesprek kan bywoon nie omdat ek dan oorsee is, wil ek net 'n paar gedagtes hier los: 1. Oor die vraag of daar 'n struktuur moet wees: Ek dink 'n struktuur is nodig, maar dit is nie nodig om 'n NRO of NPC te stig nie. Ons kan besluit op 'n kerngroep van 3-4 mense wat die "enjinkamer" van AvSa is. Hulle neem die belangrike besluite, bv. oor wie die woordvoerder is (hoef nie elke keer dieselfde persoon te wees nie); hoe fondse ingesamel en bestee sal word; wie reageer op sosiale media plasings deur ander; en koördineer konsultasiegesprekke (aanlyn of in persoon) met AvSa lede. 2. Die naam AvSa: Ek stel voor dat ons die huidige hoofstuk van AvSA afsluit. Ons het ons aanvanklike doel bereik met die alternatiewe Afrikanerstem oor die vlugtelinge en volksmoordkwessie. Dis nou tyd dat ons die AvSA beweging (l.w. ons is nie 'n organisasie soos Roets, Kriel en ander ons noem nie) 'n nuwe identiteit gee. Brei dit uit en sluit almal in wat met die land verweef is. Daarom stel ek voor dat AvSA voortaan bekenstaan as "Almal vir SA". In Engels: AfSA: "All for South Africa". Loods daarmee saam 'n kommunikasieveldtog om dit bekend te stel en ander uit te nooi. Ons is meer as Afrikaners. s 3. Oor geldsake: Ek dink nie ons moet 'n eie bankrekening oopmaak nie. Kan ons nie eerder versoek dat 'n alreeds bestaande instansie se finansiële infrastruktuur (In Transformation Initiative? Betereinders? Wie nog?) 'n fonds namens ons bestuur nie? 4. Oor vergoeding vir dié wat met soveel passie en ywer AvSa aan die gang gehou het (Fanie, Joan, Riku, Ruda se produksiespan, en ander): Ek steun die voorstel dat lede van AvSA versoek word om elke maand 'n bydrae in die bg. fonds in te betaal. Ek sal die eerste een wees wat 'n maandelikse bydrae maak. Niks verhoed ons om in die tussentyd reeds direkte bydraes te maak vir bv. Riku wat die webbladsy so professioneel bedryf nie. 5. Ons is baie dank verskuldig aan Fanie, Riku en Joan wat hulle hande al blase gewerk het vir AvSa. En ook vir al die aktiewe lede wat so gereeld skitterende bydraes maak: Ruda, Rudi, Johan Stegman, Barend, Truida, Louise van Rhyn, Louise du Toit, Wannie Carstens, Anthoni, Johan en Schalk van Betereinders, Ivor Jenkins, Johan Stegman, Michèle Meyer, die hele adviesgroep en nog baie ander. 6. Laastens: As 'n organisme, 'n beweging, is ons die immunstelsel van ons land. Sodra daar giftige reaksies of verdelende aksies ons land wil infekteer, skop ons in en baklei terug ter wille van ons land se gesondheid. Elke tipe toksiese bakterië word met 'n innoverende en unieke reaksie beveg. 'n Immunstelsel het nie noodwendig één leier of 'n topstruktuur nie. Ons opereer amper soos 'n kolonie miere. As jy kyk hoe miere werk, sien jy nie een enkele leier nie. Partykeer lyk dit chaoties soos almal oënskynlik in verskillende rigtings trek, maar een ding is seker: daai kakkerlak gaan in die gat af. Solank ons dieselfde doel het en saam werk, kan ons dit regkry dat rassisme, isolasionisme en laer trek in die gat af getrek word. Dis my twee sent. Ek wens almal 'n goeie gesprek toe. Groete
Lees meer & gesels →
Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗
🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek