🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek
❤️ Samewerking Borg AvSA →
Terug na Lede
Chris Heymans
Chris Heymans
Stigter Admin

Chris Heymans is 'n vryskut konsultant en adviseur wat spesialiseer in die politieke ekonomie van privaat en openbare sektor institusionele stelsels en verandering, met 'n fokus op water en sanitasie, plaaslike regering en openbare dienslewering. Sy institusionele rolle in politieke studies en ekonomie het gestrek van die Wêreldbank en bilaterale ontwikkeling organisasies en konsultasie firmas in meer as 20 lande, insluitende die Britse Departement van Internasionale Ontwikkeling (DFID), Suid-Afrika se Nasionale Tesourie en Ontwikkelingsbank en die eertydse privaat sektor gedrewe Stedelike Stigting, asook verskeie universiteite.


As onafhanklike adviseur fokus hy op die politieke ekonomie van stedelike bestuur ontwikkeling en infrastruktuur beplanning en bestuur. Sy onlangse werk sluit in die ontleding van water krisisse in groot Suid-Afrikaanse stede soos Johannesburg en Durban, waar hy die onderliggende bestuurs- en regerings probleme uitwys en help hervorm . Heymans se akademiese agtergrond strek politieke wetenskap en ekonomie, en ontwikkeling studies.


Hy is 'n aktiewe openbare sake kommentator, under andere in publikasies soos LitNet en Daily Maverick.en het die hervorming georiënteerde Afrikaners vir SA' verklaring in 2025 onderteken, gemik op die bou van ‘n inklusiewe Suid-Afrika, wat konstruktief werk om rasionele debat en samewerking te bevorder tussen alle Suid-Afrikaners, vry van die nalatingskap van apartheid se politieke en sosiale afsondering wat Suid-Afrikaners oor soveel jare bly verdeel het.

1
Afrikaners vir Suid-Afrika
Stigter Admin 1780 Lede
<p><strong>Wie en wat ons is</strong></p><p><br></p><p>Hierdie forum het ontstaan uit ’n verklaring waarin 48 progressiewe Afrikaners hul kommer uitgespreek het oor disinformasie dat Afrikaners slagoffers van ’n beweerde volksmoord is en oor die algemeen in Suid-Afrika te na gekom word. Hierdie d...
Ander Lede
6
Munisipale verkiesing: Waarom stem?
**Waarom stem?** Plaaslike verkiesings gaan oor veel meer as politieke beloftes. Dit gaan oor die water wat uit jou kraan kom, die vullis wat verwyder word, die paaie waarop jy ry en die mense wat nam
👁 29 lesers

Munisipale verkiesing: Waarom stem?

**Waarom stem?** Plaaslike verkiesings gaan oor veel meer as politieke beloftes. Dit gaan oor die water wat uit jou kraan kom, die vullis wat verwyder word, die paaie waarop jy ry en die mense wat namens jou besluite neem. Chris Heymans vra waarom die stembrief steeds een van die belangrikste maniere is waarop burgers hul verteenwoordigers aanspreeklik kan hou.

Munisipale verkiesing: Waarom stem?

Vir Suid-Afrikaners is stemreg meer as ’n formele demokratiese reg. Sedert 1994 is dit een van die belangrikste waarborge dat alle volwasse burgers ’n gelyke aandeel het in die keuse van hul politieke leiers. Maar daardie reg se waarde lê nie net in ons geskiedenis nie. Dit lê ook in die besluite wat verkose verteenwoordigers vandag neem en die gevolge daarvan vir Suid-Afrikaners.

Dit geld veral vir plaaslike regering. Die Dullah Omar-instituut aan die Universiteit van Wes-Kaapland wys in ’n onlangse ontleding daarop dat munisipale verkiesingsdeelname van sowat 58 persent in 2011 en 2016 tot net 45,87 persent in 2021 gedaal het. Byna 54 persent van geregistreerde kiesers het dus nie in die vorige plaaslike verkiesing gestem nie, en miljoene ander stemgeregtigdes was nie eens geregistreer nie. Dit is kommerwekkend, want munisipaliteite neem besluite wat mense dikwels meer onmiddellik raak as op nasionale vlak.

Munisipale rade bepaal onder meer begrotings, tariewe, ontwikkelingsprioriteite en plaaslike verordeninge. Hulle moet toesig hou oor die administrasie en verantwoordelikheid aanvaar vir die funksionering van dienste binne hul bevoegdheid. Wanneer water nie gelewer word nie, riool oorloop, vullis ophoop of paaie verval, word die gevolge direk deur inwoners ervaar. Daarteenoor, wanneer dienste goed funksioneer, verbeter dit mense se lewensgehalte, veiligheid en waardigheid.

Dit beteken nie dat elke probleem die munisipaliteit se skuld is nie, en allermins dat munisipaliteite in praktyk hul rolle effektief speel, en kiesers se behoeftes ernstig probeer aanspreek. Die nasionale en provinsiale regerings het hul eie verantwoordelikhede, en munisipaliteite verskil aansienlik in hul hulpbronne en vermoë om inkomste in te vorder. Maar dit is juis waarom kiesers moet onderskei tussen wat ’n munisipaliteit kan beheer, wat buite hul bevoegdheid val, en wat ’n politieke party bloot tydens ’n veldtog belowe.

Africa Check se verduideliking van die 2026-verkiesing beklemtoon dat kiesers nie net na beloftes moet luister nie, maar ook moet vra of ’n party die mag het om dit uit te voer, hoe die belofte gemeet sal word en waar die geld daarvoor vandaan gaan kom. Plaaslike regering kan byvoorbeeld verantwoordelikheid aanvaar vir munisipale paaie en vullisverwydering, maar nie self nasionale polisiedienste of maatskaplike toelaes beheer nie. ’n Geloofwaardige verkiesingskeuse verg dus dat kiesers partye se aansprake aan hul werklike bevoegdhede en prestasies toets.

Die Dullah Omar-instituut beklemtoon ook dat verkiesings nie bloot ’n manier is om iemand in die amp te plaas nie. Dit is ’n meganisme om te bepaal of daardie persoon of party die mandaat verdien om aan te bly. As verteenwoordigers swak presteer, behoort hulle die moontlikheid te trotseer dat kiesers hulle vervang. Maar dié meganisme verloor krag wanneer mense ophou stem. Dit skep ’n gevaarlike kringloop: swak bestuur lei tot ontnugtering, en dit lei tot laer deelname.

Stem alleen sal nie swak bestuur, korrupsie of politieke onstabiliteit beëindig nie. Dit moet gepaard gaan met openbare deelname, ondersoekende joernalistiek, deursigtigheid en volgehoue druk op verkose verteenwoordigers. Maar dit is geen rede om die stembrief prys te gee nie. Inteendeel, dit is een van die maniere waarop burgers kan bepaal wie hul munisipaliteit vir die volgende vyf jaar sal bestuur en wie verantwoordelik gehou moet word wanneer beloftes nie nagekom word nie.

Die keuse op 4 November is dus nie bloot tussen volmaakte politici en teleurstelling nie. Dit is ’n keuse tussen die beskikbare alternatiewe, munisipaliteite se geloofwaardigheid, vermoë en prestasie. Ons hoef nie blindelings in enige party te glo nie, maar om te stem vir ’n party, raadslid of program wat ’n vraagstuk volgens jou die beste kan benader, is ’n belangrike stap om jou burgerskap uit te oefen en verteenwoordigers verantwoordelik te hou.

Om te stem, is nie ’n waarborg dat dinge sal verander nie, maar om nie te stem nie, maak dit egter makliker vir ander om sonder jou deelname oor jou toekoms te besluit.

Chris Heymans is ’n onafhanklike adviseur wat spesialiseer in openbare beleid en munisipale en waterbestuur.

Voorwaarts Afrikaans-sprekendes: ’n gesprek oor die toekoms
👁 25 lesers

Voorwaarts Afrikaans-sprekendes: ’n gesprek oor die toekoms

Voorwaarts Afrikaans-sprekendes: ’n gesprek oor die toekoms

Om Afrikaans te wees en te praat is nie meer bloot die samehangende gemeenskap wat baie eens geglo het bestaan nie. Sedert 1994 het die eertydse politieke aanslag, verhoudings met die staat en opvattings oor die toekoms ingrypend verander. Maar daar is nie net een nuwe konsensus wat die oue vervang het nie. Vandag verskil Afrikaanssprekendes onderling oor die grondwet, grond en eiendomsregte, ras en transformasie, taaldinge, geloof en ander sosiale waardes, politieke oriëntasie en hoe om ons belange onderling en met alle Suid-Afrikaners te bevorder. Dis niks nuuts nie. Afrikaners het nog altyd onderling soms wesentlik van mekaar verskil.

Sommige sien die toekoms hoofsaaklik in verdediging en uitbouing van die Afrikaanse taal, kultuur en gemeenskapinstellings. Ander plaas groter klem op deelname aan breër demokratiese politiek, grondwetlike hervorming of alliansies om verandering van binne die stelsel te probeer bewerkstellig. Daar is ook verskille oor die rol van sogenaamde “burgerlike” organisasies, die waarde van internasionale steun en die mate waartoe ons ons eie politieke belange van dié van ander Suid-Afrikaners kan of behoort te onderskei.

Verskille benodig oop gesprek

Hierdie verskille verdien meer as oppervlakkige kommentaar. Dit benodig oop gesprek waarin ons bereid is om verskillende standpunte van almal in Suid-Afrika ernstig op te neem, aannames te bevraagteken en ons oortuigings aan die werklikheid te toets. Dit beteken nie dat ons verskille moet verswyg of alle standpunte as ewe oortuigend hoef te sien nie. Ons moet ook uitwerk watter politieke strategieë kan werk, watter nie, en die gevolge daarvan vir Afrikaners en Suid-Afrika as geheel.

AvSA se benadering is nie om Afrikaners as ’n homogene groep, wat dit nog selde was, te behandel nie, maar om beter te verstaan hoe uiteenlopend ons dink, waarom ons verskil en waar gemeenskaplike grond mag bestaan. Geen enkele organisasie, politieke party of woordvoerder kan namens alle Afrikaners praat nie. Ons politieke voorkeure, lewenservarings en verwagtings verskil, en ons moet ruimte laat vir daardie verskeidenheid.

Toekoms verbind aan almal in SA

Die doel is nie om Afrikaanssprekendes in ’n politieke of kulturele afsondering van ander Suid-Afrikaners te plaas nie. Ons toekoms is onlosmaaklik verbind aan dié van Suid-Afrika en sal ook so in die toekoms doen. Ons regte, veiligheid, taal en kulturele instellings is belangrik, maar moet nie buite die breër grondwetlike, ekonomiese en sosiale werklikheid van die land bevorder word nie. Dit beteken nie dat groepsbelange onbelangrik is, of dat kritiek op die regering, beleidsrigtings of die optrede van andersgesindes moet versag nie. Maar dit verg dat ons onderskei tussen verdediging van regmatige belange en die aanname dat ons politieke toekoms slegs deur konfrontasie of steun van buite Suid-Afrika verseker kan word. Ons moet met ander Suid-Afrikaners na oplossings soek.

Soeke na nuwe politieke oriëntasie

Die geskiedenis sedert 1994 bied genoeg materiaal vir so ’n gesprek. Die einde van Nasionale Party politieke oorheersing, die soeke na nuwe party-politieke tuistes, die opkoms van andersdenkende stemme wat Afrikaanse gemeenskapsbelange bevorder, en die rol van ander partye was almal deel van ’n nuwe politieke oriëntasie. Meer onlangs het koalisiepolitiek, die regering van nasionale eenheid en die toenemende internasionale dimensie van Afrikanerpolitiek nuwe vrae en eise na vore gebring.

AvSA se doelstelling is om in die gees van die AvSA Credo, ’n Afrikaanse netwerk te wees wat met ander saamwerk aan ’n inklusiewe, regverdige en voorspoedige Suid-Afrika. Daar is verskeie kwessies wat saam met ander Suid-Afrikaners en ander in Afrika en wêreldwyd aangespreek moet word, soos waar is daar ruimte vir samewerking met ander tussen uiteenlopende Afrikaanse en ander politieke strominge, en watter lyk te diep om te oorbrug? Hoe versoen ons die behoud van ’n eie taal en kultuur met dié van nie-Afrikaners? Daarom is AvSA nie ’n mondstuk vir ’n politieke party of organisasie nie, en ons glo nie dat een persoon, beweging of instelling namens alle Afrikaners kan praat nie. Ons wil eerder ’n ruimte skep waarin verskillende standpunte aan die orde kom, bewerings getoets word en ongemaklike vrae nie vermy word nie.

Dit verg bereidheid om te luister, maar nie dat ons kritiek moet opskort of alle standpunte as ewe oortuigend moet aanvaar nie. ’n Onafhanklike gesprek vereis sowel openheid as oordeel om te probeer om verskille te verstaan en te respekteer, en veral te ondersoek watter argumente deur bewyse en ervaring ondersteun word.

Ons wil hierdie vrae bly aanspreek om lig te werp op onderliggende aannames, keuses, belange en gevolge. Ons begin nie met die veronderstelling dat daar een korrekte Afrikaanse standpunt bestaan nie en dat alle verskille bloot moet verdwyn nie. Dit verg eerlike gesprek oor ons politieke toekoms — ’n gesprek wat krities genoeg is om verskille bloot te lê, maar ruim genoeg om na ander standpunte te luister. Ons sal nie elke uitgawe met ’n finale antwoord afsluit nie. Maar ons wil help om die vrae en politieke keuses duideliker te maak en meer onafhanklik van slagspreuke en gevestigde lojaliteite. So ’n benadering gaan nie bloot oor waar Afrikaners hulself in die huidige politieke landskap bevind nie, maar eerder oor hoe om ondanks uiteenlopende opvattings ’n volhoubare toekoms te help vorm binne ’n demokratiese Suid-Afrika wat ander se aspirasies en regte erken en respekteer.

Ernstige, onafhanklike gesprek

Hierdie nuusbrief begin met ’n eenvoudige uitgangspunt: Afrikaners se politieke toekoms verdien ’n ernstige, onafhanklike gesprek. Nie omdat Afrikaners ’n enkele politieke wil of gemeenskaplike belange het nie, maar juis omdat dit nie meer vanselfsprekend is nie.

Daar is vandag verskillende politieke tuistes, organisasies en ideologiese strominge. Sommige beklemtoon die beskerming van Afrikaans, kultuur en gemeenskapsinstellings; ander plaas hul vertroue in breër grondwetlike politiek. Daar is uiteenlopende sienings oor die DA en die VF Plus, oor AfriForum en Solidariteit, oor politieke alliansies en oor die waarde van internasionale steun. Om hierdie verskille bloot te beskryf, is nie genoeg nie. Ons moet ook vra waarop die aansprake berus, watter resultate behaal word en wat die gevolge van bepaalde strategieë is.

Die nuusbrief wil daarom nie ’n mondstuk vir ’n politieke party of organisasie wees nie. Dit wil ook nie voorgee dat een persoon, beweging of instelling namens alle Afrikaners kan praat nie. Ons wil eerder ’n ruimte skep waarin verskillende standpunte aan die orde kom, bewerings getoets word en ongemaklike vrae nie vermy word nie.

Moet bereid wees om te luister

Dit beteken dat ons bereid moet wees om te luister, maar nie dat ons kritiek moet opskort of alle standpunte as ewe oortuigend moet aanvaar nie. ’n Onafhanklike gesprek vereis sowel openheid as oordeel: om te probeer verstaan waarom mense verskil, en terselfdertyd te ondersoek watter argumente deur bewyse en ervaring ondersteun word.

Ons sal nie elke uitgawe met ’n finale antwoord afsluit nie. Maar ons wil wel help om die vrae skerper te stel, die politieke keuses duideliker te maak en die gesprek oor Afrikaners se toekoms minder afhanklik van slagspreuke en gevestigde lojaliteite te maak.

Munisipale verkiesings 2026: Wat sê die munisipale verkiesingsveldtog vir ons oor Suid-Afrikaanse politiek in die algemeen?
Die interessantste storie oor Suid-Afrika se munisipale verkiesings gaan dalk nie oor wie wen nie, maar oor wat die veldtogte oor die algehele toestand van Suid-Afrikaanse politiek verklap. Natuurlik
👁 279 lesers

Munisipale verkiesings 2026: Wat sê die munisipale verkiesingsveldtog vir ons oor Suid-Afrikaanse politiek in die algemeen?

Die interessantste storie oor Suid-Afrika se munisipale verkiesings gaan dalk nie oor wie wen nie, maar oor wat die veldtogte oor die algehele toestand van Suid-Afrikaanse politiek verklap. Natuurlik is die bekende politieke stryd steeds daar: ras, ongelykheid, toegang tot basiese dienste, korrupsie, werkloosheid, immigrasie en die ANC se dalende steun by die stembus. Maar die aanloop tot die 2026-verkiesing beklemtoon kwessies wat onmiddellik vir kiesers van belang is, soos of munisipaliteite water aan die gang en veilig kan hou, vullis kan verwyder, paaie kan herstel, die ligte kan laat aanbly en openbare geld behoorlik en eerlik kan bestee. Vorige prestasie en die aspirasies van ’n “gatvol” publiek wat wil hê dinge moet beter word, kan dalk meer as ooit tevore sedert die land se politieke oorgang in 1994 ’n rol speel.

Munisipale verkiesings 2026: Wat sê die munisipale verkiesingsveldtog vir ons oor Suid-Afrikaanse politiek in die algemeen?

Hier stuk het oorspronklik in Engels verskyn op Litnet

Sedert die plaaslike verkiesings van 2021 het die aantal rade waarin geen party ’n volstrekte meerderheid het nie, dramaties toegeneem. Die ANC se eie 2026 Plaaslike Regeringsmanifes stel dat die party se nasionale munisipale steun van 53,9% in 2016 tot 45,59% in 2021 gedaal het, terwyl die aantal rade sonder ’n volstrekte meerderheid van 27 tot 66 toegeneem het.¹ Dit het gelei tot vyf jaar van koalisie-eksperimente in talle munisipaliteite – sommige redelik funksioneel, maar baie ander nie. Dit het die besef versterk dat plaaslike regering nie bloot as ’n verlengstuk van nasionale partypolitiek beskou kan word nie. Die kombinasies weerspieël nie noodwendig nasionale tendense nie, en kiesers word meer direk deur die toestand van munisipale dienste geraak.

Intussen veg die ANC ’n verkiesing teen sy eie rekord. Hy weet hy kan nie eenvoudig veldtog voer asof die afgelope sowat 15 jaar nooit gebeur het nie. Sy 2026-manifes erken dus uitdruklik die agteruitgang sedert die 2021-uitslag en beklemtoon dat die party sy vorige verbintenisse hersien het. Hy het ook belowe om bekwame, etiese en gekwalifiseerde kandidate aan te wys en sê hy wil vertroue in plaaslike regering herbou.

Hier is ’n belangrike verskil van vorige ANC-veldtogte. Die party kan nie meer uitsluitlik op sy bevrydingsgeskiedenis as politieke kapitaal staatmaak nie, veral nie in stedelike kiesafdelings nie. Kiesers mag steeds waarde heg aan die ANC se historiese aanspraak as ’n bevrydingsbeweging, maar toenemend kan hulle ’n meer basiese vraag vra oor hoe munisipale dienste hulle raak.

Op baie plekke kan dit ’n baie moeilike vraag wees. Die ANC se jongste manifes was nogal onthullend in sy poging om nabyheid aan gewone gemeenskappe te demonstreer en die organisasie weer met sy historiese tradisie van volksmobilisering te verbind. Maar daar is ’n spanning tussen die taal van stryd en vernuwing aan die een kant, en die werklike ervaring van munisipale regering aan die ander kant. Belowe om etiese en bekwame leiers aan te stel is welkom, maar die werklike vraag is of die party se leierskap op nasionale, provinsiale en plaaslike vlak bereid is om leiers en raadslede wat nie aan die nodige etiese en/of praktiese vereistes van ’n munisipaliteit voldoen nie, te dissiplineer of selfs te verwyder.

Een van die interessantste veldtogte is dié om beheer oor die Johannesburgse stadsraad te verkry. Die DA se burgemeesterskandidaat, Helen Zille, se uitdagende veldtog kan deur haar teenstanders bevraagteken of bespot word, maar dit het beslis aandag getrek deur haar onkonvensionele politieke veldtog. Deur in ’n slaggat te swem, met ’n opblaasboot deur oorstroomde strate te vaar, gekaapte geboue te besoek en sosiale media meedoënloos te gebruik, het sy die stad se fisieke probleme dramaties beklemtoon.

Haar kritici beeld haar as belaglik uit, maar ondersteuners beskou haar as bloot besonder politiek bedrewe. Immers, praatjies oor “agterstande met infrastruktuuronderhoud”, “inkomste-invordering”, “finansiële volhoubaarheid” en “munisipale entiteite” maak nie juis oortuigende verkiesingsmateriaal nie. Maar ’n politikus wat in ’n slaggat staan, haar opponente se mislukkings uitwys en impliseer dat sy dit sal laat regmaak, doen wel. Haar veldtog het ook probeer om die verkiesing uit konferensiekamers en die strate en townships in te neem.

Sy het die Stad Johannesburg deur die howe en die Openbare Beskermer uitgedaag oor mislukkings in dienslewering aan geraakte laerinkomste- en kwesbare gemeenskappe.

Haar ANC-teenstander vir die burgemeesterskap, die voormalige dominee Frank Chikane, word hoog gerespekteer, maar sy geloofsbriewe op die gebied van plaaslike regering is grootliks ongetoets. Sy geloofwaardigheid laat ’n mens egter verstaan waarom sommige inwoners van Johannesburg die moontlikheid van ’n gesamentlike Zille-Chikane-leierskap as ’n aantreklike opsie vir ’n ommekeer in die stad beskou. Dit kan slim politiek wees as dit die tegniese kwessie van munisipale bevoegdheid met mense se alledaagse behoeftes verbind.

Zille se kandidatuur steun op ’n belofte dat die DA vir Johannesburg kan doen wat hy beweer hy elders gedoen het. Die party se nasionale manifes stel die voorstel onomwonde: Munisipaliteite moet stabiele, professionele regerings word wat op basiese dienste, skoon administrasie, inkomste-bestuur en infrastruktuurontwikkeling fokus. Dit stel spesifiek voor dat waterinkomste afgesonder word en dat private belegging en tegniese kundigheid ingebring word om dienslewering te verbeter. Vir baie politici en amptenare kan dit aanstootlik wees, maar ná jare se ernstige mislukkings wat soveel mense en gebiede geraak het, is die tyd dalk ryp om die korporatiseringsbenadering verder te benut – hetsy deur private kontrakteurs of die openbare sektor.

Die veldtog het egter ook die gevaar getoon daarvan om munisipale bevoegdheid as die sentrale politieke handelsmerk te gebruik. Daar is heelwat bewyse wat dele van dié argument ondersteun, maar daar kan nie eenvoudig aanvaar word dat elke munisipaliteit onder DA-beheer ’n model van doeltreffende en billike dienslewering is nie, en die armes het meestal die prys betaal. ’n Onlangse ondersoek deur die Openbare Beskermer na dienslewering in Kaapstad se Langa Flats en dele van Khayelitsha het byvoorbeeld tekortkominge in sanitasie, behuising, instandhouding van infrastruktuur, hoëmasbeligting, vullisverwydering, rioolbestuur en veiligheidsmaatreëls gevind. Die Openbare Beskermer het dit aan wanadministrasie toegeskryf en gesê dit dui op breër kommer oor bestuur. Dit kanselleer nie die DA se rekord elders nie, en ’n bevinding oor spesifieke gemeenskappe bewys ook nie dat Kaapstad ’n mislukte munisipaliteit is nie. Maar dit steek wel ’n stokkie in die wiel van die idee dat die DA hom eenvoudig kan voorhou as die party sonder enige munisipale geraamtes in die kas.²

Teenstanders kan nou vra of die DA se eie rekord van regering konsekwent voldoen aan die standaard wat hy vir ander stel. Die DA sal hierdie vraag moet kan beantwoord sonder om sy geregverdigde aansprake oor beter administrasie in baie gevalle prys te gee.

Die voormalige Johannesburgse burgemeester Herman Mashaba se ActionSA was dalk duideliker as die meeste partye oor die nuwe politieke mark. Die party se jongste manifes beskryf homself as ’n “bloudruk” vir die regmaak van gebroke munisipaliteite, en plaas finansiële dissipline, bekwame aanstellings, inkomste-stelsels, basiese dienste en professionele administrasie in die middel van sy plaaslike regeringsagenda. Daar is ook ’n interessante erkenning in die manifes dat koalisieregering al hoe meer onvermydelik word. ActionSA sê koalisie-ooreenkomste moet op ’n duidelike regeringsprogram, omskrewe verantwoordelikhede en aanspreeklikheid gebaseer word, eerder as bloot op die verdeling van politieke poste. Dit kan een van die belangriker idees in hierdie verkiesing wees, omdat dit regerende partye in staat stel om nie net te verduidelik wat hulle glo nie, maar ook hoe hulle van plan is om te regeer wanneer hulle nie ’n meerderheid het nie.

’n Mens kan vra: Wat van Jacob Zuma se uMkhonto weSizwe (MK) en Julius Malema se Economic Freedom Fighters (EFF)? Die nasionale politieke identiteite van hierdie partye mag kragtig wees, maar hulle het steeds nie duidelike rekords van doeltreffende dienslewering nie. MK se politiek bly nou verbind aan Jacob Zuma, maar die party het hom veral, hoewel nie uitsluitlik nie, in KwaZulu-Natal vir hierdie plaaslike verkiesings voorberei.

Die EFF se manifes is eweneens in hoogs ideologiese taal opgestel. Dit beskryf die verkiesing as ’n beslissende oomblik en gebruik die slagspreuk “Victory or death”, terwyl grond, werkloosheid, korrupsie, basiese dienste en ekonomiese transformasie sentraal tot sy munisipale program staan.³ Hulle kan moontlik in sommige gevalle, soos in dele van KwaZulu-Natal, beheer oorneem, maar plaaslike verkiesings skep ’n ander toets. ’n Inwoner wie se rioolwater in die straat afloop, mag sterk standpunte oor grondonteiening en nasionale ekonomiese beleid hê, maar in hierdie verkiesing sal hy of sy uiteindelik meer dink oor wie betroubare dienste kan lewer.

Die Patriotic Alliance verteenwoordig nog ’n vorm van populistiese politiek. By die party se manifesbekendstelling het die minister maatreëls belowe, insluitend ’n tydelike opskorting van munisipale belastingbetalings en skuldverligting.

Kleiner konserwatiewe partye staar ’n interessante probleem in die gesig. Die Freedom Front Plus-manifes bevat volkome herkenbare voorstelle vir plaaslike regering: beter infrastruktuur, bekostigbare heffings, groter gemeenskapsdeelname, aanspreeklikheid en meer doeltreffende munisipale administrasie. Die probleem is nie noodwendig beleid nie, maar politieke skaal: Hoewel die FFP steun in gemeenskappe en munisipaliteite binne koalisies kan wen, is die vooruitsig om ’n groot nasionale alternatief vir die ANC of DA te word, baie moeiliker om met Suid-Afrika se kiesersgeografie te versoen.

Wat gebeur ná die verkiesing?

Daar is ’n breër vraag vir kleiner partye aan sowel die linker- as regterkant. Moet hulle probeer om munisipaliteite te bestuur, koalisies te beïnvloed, spesifieke gemeenskappe te verteenwoordig of bloot ’n nasionale politieke handelsmerk te skep wat aan kwessie-gebaseerde koalisies kan deelneem? Miskien is die belangrikste storie van die munisipale verkiesings dus glad nie die veldtog nie. Dit is wat daarna gebeur.

In hierdie opsig het Suid-Afrika reeds die koalisietydperk betree. Die verkiesing van 2021 het vir ons 66 rade sonder ’n volstrekte meerderheid gegee. Sedertdien het burgers sowel die moontlikhede as die wanfunksionaliteit van koalisieregering ervaar.

Die probleem is nie dat koalisies inherent sleg is nie. ’n Koalisie kan partye dwing om kompromieë aan te gaan, hulle aan groter ondersoek blootstel en voorkom dat ’n enkele party openbare instellings as sy private eiendom behandel. Die onmiddellike probleem is eerder of koalisies sonder reëls, programme of aanspreeklikheid werklik ’n verskil kan maak en doeltreffend kan funksioneer. ’n Koalisie wat hoofsaaklik bestaan om burgemeestersposte, komiteevoorsitterskappe en politieke patronaatskap te verdeel, is bloot nog ’n roete na wanfunksionaliteit.

Dit is waar die huidige veldtog meer intens kan word. Die partye behoort nie bloot vir kiesers te vertel wat hulle sal doen indien hulle ’n volstrekte meerderheid wen nie, maar ook wat hulle sal doen indien hulle dit nie kry nie. Een van die belangrikste sensitiewe kwessies is of die afsondering van water- en elektrisiteitsinkomste meer daadwerklik nagestreef sal word. En, miskien die belangrikste van alles: Sal hulle wegstap uit ’n koalisie wat nie kan lewer nie?

Chris Heymans is ’n onafhanklike adviseur oor bestuur en politieke ekonomie, gebaseer in Kaapstad.

Nog ’n jaar, nog ’n plan: Kan die nuwe waterinfrastruktuurplan vir 2026/27 werk?
R12,3 miljard. 411 projekte. Nog ’n nuwe waterplan. Maar kan Suid-Afrika se waterkrisis regtig opgelos word deur nóg infrastruktuur alleen? Chris Heymans ondersoek waarom die ware probleem nie net
👁 573 lesers

Nog ’n jaar, nog ’n plan: Kan die nuwe waterinfrastruktuurplan vir 2026/27 werk?

R12,3 miljard. 411 projekte. Nog ’n nuwe waterplan. Maar kan Suid-Afrika se waterkrisis regtig opgelos word deur nóg infrastruktuur alleen? Chris Heymans ondersoek waarom die ware probleem nie net gebarste pype en vervalle aanlegte is nie, maar swak bestuur, korrupsie, tegniese vaardigheidstekorte en finansiële wanbestuur. Die vraag is nie of ons nuwe infrastruktuur kan bou nie – dit is of ons die instellings kan herstel wat dit moet bestuur. Lees waarom die sukses van die regering se jongste waterplan uiteindelik van veel meer as net geld gaan afhang.

Nog ’n jaar, nog ’n plan: Kan die nuwe waterinfrastruktuurplan vir 2026/27 werk?

Oorspronklik gepubliseer op Litnet

Met landswye munisipale verkiesings om die draai in November gaan die watersektor1 gewis hierdie jaar in die kollig wees. ’n Spoedige salvo was die onlangse aankondiging van die minister van water  en sanitasie (WSS), Pemmy Majodina, dat haar departement beplan om R12,3 miljard aan 411 waterinfrastruktuurprojekte in 2026/27 te bestee. Dit sal  beleggings in pypleidings, waterverwerkingsfasiliteite en verspreidingstelsels behels, en institusionele hervorming ondersteun.

Tereg blyk dit dat die Departement van Water en Sanitasie (DWS) – deesdae meer bevoeg as vir etlike jare – besef dat waterprobleme nie net deur infrastruktuurbesteding opgelos kan word nie, en dat daar ’n bestuurskrisis is, nie bloot ’n infrastruktuurkrisis nie. Dit is ’n belangrike konseptuele verskuiwing, want in baie munisipaliteite het infrastruktuur nie agteruitgegaan weens onvoldoende befondsing nie, maar omdat instandhouding, finansiële bestuur en tegniese vermoëns verswak het.

Sean Phillips, direkteur-generaal van die DWS, het heelwat verbeterings geloods, maar waarsku dat baie munisipaliteite vasgevang is in ’n “afwaartse spiraal”. Waterlekkasies, diefstal en onakkurate meters suig munisipale inkomste op, en instandhouding word te lank uitgestel. Bekwame tegniese personeel verlaat munisipaliteite en word dikwels nie vervang nie, terwyl diensonderbrekings toeneem, openbare vertroue krimp, en finansiële herstel moeiliker word.

Die krisis het minstens vyf onderliggende dimensies:

  • Fisiese infrastruktuur verval en word swak onderhou.

  • Onvoldoende afvalwaterbehandeling dra by tot besoedeling van bronne, omgewingsagteruitgang en gesondheidsrisiko's.

  • Baie verbruikers betaal nie vir munisipale dienste nie, en as gevolg daarvan skuld munisipaliteite meer as R27 miljard aan waterrade, wat die finansiële volhoubaarheid van water- en sanitasiedienste ondermyn.2

  • Politieke onstabiliteit, korrupsie en swak aanspreeklikheid het baie munisipale administrasies verswak. Dit verpolitiseer aanstellings, verswak institusionele geheue, verhoog administratiewe kostes, en ondermyn langtermynbeplanning en instandhouding.

  • Daar is ’n gebrek aan goeie ingenieurs, projekbestuurders en ervare munisipale amptenare om die kwaliteit van tegniese dienste in die staatsdiens in stand te hou.

Die goeie nuus is dat die DWS se nuwe benadering blyk hierdie realiteite meer openlik as voorheen te erken. Straks die belangrikste verskuiwing wat hulle identifiseer, gaan oor die toenemende afhanklikheid van waterrade. Dit is ’n delikate saak, wat kort- tot mediumtermynverbetering kan verseker, maar nie noodwendig langtermynkapasiteit bou nie. Die bereidwilligheid om saam te werk met internasionale en Suid-Afrikaanse ontwikkelingsfinansieringsinstellings help vordering, maar baie munisipaliteite het doodgewoon nie die kapasiteit om groot infrastruktuurprojekte effektief op hul eie uit te voer nie. Die hulp van buite is dus nuttig, maar daar is steeds ’n behoefte om plaaslike verantwoordbaarheid en kundigheid te versterk.

Die Nasionale Tesourie se impak op munisipale hervormings dui veral op kommer oor die standaard en kundigheid om die kapasiteit van munisipale dienste en bestuur, veral water en elektrisiteit, te verskerp. Hul hervormings behels afkamping van waterinkomste, en verbetering van operasionele aanspreeklikheid en bestuurstelsels. Maar baie munisipaliteite – insluitend die meeste metro’s – is afhanklik van fiskale ondersteuning van die nasionale regering, en sukkel om tegniese personeel te werf en inkomste in te vorder. In verskeie  munisipaliteite is die plaaslike ekonomiese basis net te klein en broos om komplekse waterstelsels te onderhou.

Die gevolg is ’n groeiende verskil tussen die grondwetlike aannames wat plaaslike regering onderlê en die operasionele realiteite in die praktyk. Dit plaas ook toenemende klem op vennootskappe met die privaatsektor en ander finansieringsinstellings. Daar is wel groeiende erkenning in die regering dat die ondersteuning deur die fiskus nie op sigself voldoende sal wees nie, gegewe die omvang van opgehoopte infrastruktuuragteruitgang. Privaatsektorwatervoorsieners is ook nog maar dun gesaai in Suid-Afrika, en hul betrokkenheid bly polities kontroversieel.

Die beperkings wat privaatsektorbetrokkenheid in die gesig staar, word dikwels swak verstaan. Die vernaamste hindernisse is nie noodwendig ideologiese teenstand teen privaatsektorbetrokkenheid nie, maar privaatmaatskappye word dikwels afgeskrik deur munisipaliteite wat nie vir dienste betaal nie, politieke inmenging, korrupsierisiko’s en onsekerheid oor langtermyn-inkomsteherwinning. Infrastruktuuragentskappe voer dikwels aan dat Suid-Afrika se grootste probleem dikwels nie die gebrek aan befondsing is nie, maar swak projekvoorbereiding en -implementering.

Hierdie tendense bevestig die geldigheid van breër internasionale ontwikkelingsbenaderings oor die rolle van die privaatsektor, finansierders soos die Wêreldbank, en die bilaterale organisasies van ekonomies sterker lande. Suid-Afrikaanse beleidmakers lyk toenemend asof hulle soortgelyke gevolgtrekkings oorweeg, maar dit is nie konsekwent die geval nie. En vakbonde en sommige politieke groepe bly negatief oor privaatsektorbetrokkenheid. 

Die uitdaging wat die regering in die gesig staar, is kompleks. Dit moet tegelyk toegang tot dienste uitbrei en bekostigbaar wees, swak munisipaliteite stabiliseer, tegniese vermoëns verbeter, finansiële volhoubaarheid herstel en polities destabiliserende tariefverhogings vermy. Maar hierdie prioriteite bots dikwels met mekaar. Strenger finansiële handhawing kan aanspreeklikheid verbeter, maar munisipaliteite ook onder meer druk plaas. Om waterinkomste af te kamp kan volhoubaarheid versterk, maar munisipale fiskale buigsaamheid verminder.

In die 1990’s was die aanname dat munisipaliteite sou herstel as hulle bloot meer befondsing ontvang. Vandag is die probleme steeds nie opgelos nie. Die regering toon groter realisme oor die beperkings van munisipale kapasiteit en dat dit beide institusionele hervorming en infrastruktuurkonstruksie verg. Maar baie munisipaliteite sukkel steeds met onstabiele politieke leierskap, swak of te min ingenieurskapasiteit, lae inkomste-invordering en onvoldoende instandhouding van stelsels. Duidelik is die herbou van instellings baie stadiger as die bou van infrastruktuur.

Kan die politieke stelsel die langtermyndissipline volhou wat nodig is om daardie instellings konsekwent oor tyd te herbou? Suid-Afrika se waterhervormings het spronge vorentoe gegee sedert ’n paar jaar gelede, toe selfs watertenkwaens as ’n oplossing gesien is – ’n benadering wat aansienlike korrupsie en uitbuiting meegebring het. 

Die meer onlangse DWS-benaderings – insluitend die planne wat deur die DWS-leierskap bepleit word – gee toe dat hoewel infrastruktuur, pyplyne en behandelingsaanlegte herstel kan word, die herbou van effektiewe bestuur moeiliker kan wees. Dit lyk of die DWS darem hieraan werk, maar die pad bly lank en ver.

Eindnotas

1 Chris Heymans is ’n onafhanklike adviseur wat spesialiseer in die politieke ekonomie van stede, stedelike ontwikkeling en water- en sanitasiedienslewering.

2 Departement van  Water en Sanitasie, 2025/26. Third quarter performance report to parliament by Deputy Minister: https://pmg.org.za/committee-meeting/42686.

When everything is a "deal", almost nothing is governed
Die wêreld word al hoe meer regeer soos ’n saketransaksie: wie wen, wie verloor, en wie slaan die slimste “deal” toe. Maar wat gebeur met demokrasie wanneer politiek nie meer oor beginsels, vertroue e
👁 1,162 lesers

When everything is a "deal", almost nothing is governed

Die wêreld word al hoe meer regeer soos ’n saketransaksie: wie wen, wie verloor, en wie slaan die slimste “deal” toe. Maar wat gebeur met demokrasie wanneer politiek nie meer oor beginsels, vertroue en instellings gaan nie – net oor onmiddellike wins? In hierdie skerp ontleding word Donald Trump se “art of the deal”-benadering ontbloot as meer as bloot styl: dit is ’n gevaarlike skuif weg van verantwoordbaarheid na blote magspeletjies.

When everything is a "deal", almost nothing is governed

Soos oorspronklik verskyn op verskyn op Litnet


The elevation of the “deal” as a governing metaphor – à la Donald Trump rhetoric – warrants more reflection. With it in its most visible form as seen under the US president, politics is framed as a sequence of transactions struck, won or closed, where success is measured by leverage and immediate gain, rather than institutional purpose or public interest. This recasts politics as a marketplace of short-term outcomes, rather than a system of sustainable accountability.

Politics has always involved negotiation. In its constructive form, negotiated compromise is embedded in political, constitutional and legal frameworks that ensure fairness and accountability. But in the way that Trump operates and talks, the “deal” becomes the organising principle of politics itself, judged not by whether problems are solved, but by whether a “win” can be claimed.

This logic is most visible in the political style associated with Donald Trump. In trade, alliances and diplomacy, outcomes are framed as winners and losers. The emphasis shifts from institutional durability to extracting advantage in each interaction.

This approach has disrupted longstanding diplomatic arrangements. Relations with traditional allies of the US have been reframed in transactional terms – especially around defence and trade – introducing uncertainty into commitments previously anchored in institutional trust. In the Middle East, for example, bilateral deal-making over multilateral frameworks has contributed to volatility, even where agreements have been reached.

A similar dynamic appears in South Africa and other parts of Africa, where coalition politics, procurement or state-business relations are sometimes treated as negotiable bargains, rather than rule-bound processes. The risk is not only inefficiency, but unequal shifting of power, rather than stable rules supposed to facilitate sustainable relations with supposed friends and foes.

This shift reflects a deeper change in how authority is exercised. Hungarian political economist Karl Polanyi argued¹ that exchange systems function best when embedded in institutional frameworks that strengthen and sustain trust and accountability – not immediate advantage to the more powerful.

Similarly, German sociologist and political economist Max Weber contended that fair authority rests on formal rules, rather than personal discretion². When this is bypassed, authority shifts from systems to individuals.

Institutions are often slow in the making – and vulnerable to failing – making procedural politics feel remote. Citizens facing economic strain or service breakdowns may favour leaders promising immediate action, whether viable or not. Transactional politics thrives in these conditions. But the risks intensify here. When institutional weakness creates demand for shortcuts, governance can slide into personalised power. When everything becomes negotiable, even the rules of governance appear conditional.

In practice, this shows up in the bypassing of procurement rules, unstable coalitions and executive decisions overriding institutional checks. This may produce short-term gains, but it weakens predictability, investor confidence and public trust. For example, in both Donald Trump’s presidential terms, frustration with gridlocked institutions – especially Congress – has been repeatedly leveraged to justify leader-driven action. Trade policy is a good example: Tariffs on Chinese imports have been framed less as part of a coherent trade regime, and more as leverage in negotiation. In foreign policy, Trump’s approach to North Korea has hinged on leader-to-leader engagement with Kim Jong-un, sidelining traditional diplomatic channels.

The appeal in these cases was immediacy: to bypass slow processes by getting a “deal”. But the downside is that policy became contingent on personal relationships and short-term bargains, with limited institutional anchoring. When leadership changed from Trump to Biden after the 2020 US presidential election, much of Trump’s deals proved reversible, showing how weakly embedded such “wins” were.

More durable leadership has looked different. Leaders like Nelson Mandela, Angela Merkel and Barack Obama framed politics as the stewardship of institutions – where outcomes are constrained by process, even at the cost of speed.

In South Africa, the Jacob Zuma era was a strong illustration of the “everything becomes negotiable” point; the Zondo Commission found that formal procurement systems and governance rules were routinely bypassed through networks of patronage and institutional erosion. As service delivery faltered and public trust declined, the space for transactional politics widened, reflected in personalised bargains rather than rule-bound processes.

The limits of deal-making become clearer in structural crises. Climate change, inequality, migration and infrastructure failure cannot be resolved through isolated bargains. They require institutional capacity, coordination and trust. Deals may settle disputes, but they often defer underlying problems.

Political scientists Fiona Adamson and Kelly Greenhill contend that while deal-making in international politics might displace underlying conflicts, it often does not resolve them over time³. “Deals” reframe politics as something to be completed in the moment, rather than governed over time.

The critique of deal-making does not mean defending slow process at all costs. Procedural paralysis is real in many government systems, but urgency without institutional integrity produces inconsistency and enables patronage. When governance becomes a sequence of ad hoc bargains, public authority weakens. To this end, German philosopher Jürgen Habermas⁴ argued that democratic legitimacy depends on public reasoning, rather than bargaining strength alone. When politics is reduced to deal-making, legitimacy becomes thinner.

Thus, negotiation will always remain part of politics. But when the “deal” has become the dominant metaphor, it has proven often to displace obligation, accountability and public purpose. Politics and international relations cannot function as a marketplace alone.

Conclusion: Restoring politics

By framing politics as “the art of the deal”, Donald Trump elevates winning over stewardship and leverage over legitimacy. Rules and institutions become obstacles rather than safeguards.

Accountable governance depends on rule-bound authority and non-negotiable constraints. Public officials are custodians of power, not free agents. Legal equality, constitutional order and institutional integrity cannot be traded without weakening governance itself.

Restoring balance does not mean abandoning negotiation, but re-anchoring it in rules: strengthening oversight, enforcing transparency and embedding agreements in institutional frameworks. Negotiation will always matter, but when it becomes synonymous with deal-making, it ceases to secure sustainable governance in any meaningful sense.

Chris Heymans is an independent public policy analyst based in Cape Town.

Notes

1. Karl Polanyi, The great transformation (1944).

2. Max Weber, Economy and society (1922).

3. Fiona Adamson, “Crossing borders …” (2006); Kelly Greenhill, Weapons of mass migration(2010).

4. Jürgen Habermas, Between facts and norms (1996).

Plaasaanvalle: Werklike gevaar of politieke slagspreuke?
👁 1,216 lesers

Plaasaanvalle: Werklike gevaar of politieke slagspreuke?

Plaasaanvalle: Werklike gevaar of politieke slagspreuke?

LitNet-lesers se briewe oor plaasaanvalle raak aan die kernvraag: Is daar werklik ’n volksmoordaanslag op Afrikanerboere, of word ’n komplekse veiligheidskrisis vereenvoudig tot ’n politieke slagspreuk? Die onderwerp weerspieël werklike kommer onder baie boere. En internasionaal praat veral die Trump-administrasie sedert 2025 van “wit volksmoord” om Suid-Afrika in diplomatieke debatte te kritiseer.

Min mense sal ontken dat geweldsmisdaad ’n nasionale probleem is, en plaasaanvalle is deel van hierdie breër patroon. Maar die statistiek oor plaasaanvalle – en die volksmoord-idee – is ten regte omstrede. Sommige data sluit alle aanvalle in die landbou in, terwyl ander slegs moorde op kommersiële boere tel. Hierdie verskille beïnvloed hoe die omvang van die probleem verstaan word.

Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (Dirco) het byvoorbeeld in 2025–2026 die VSA se menseregteverslag bevraagteken, en voer aan dat alhoewel plaasmoorde deel van Suid-Afrika se breër geweldsmisdaadprobleem is, dit nie ’n bewys van ’n georganiseerde veldtog van rassistiese aanvalle is nie. Dirco beklemtoon dat slagoffers in landelike gebiede mense van verskillende rassegroepe insluit. Die Amerikaanse regering verwerp hierdie kritiek, en Trump hou vol dit is wit volksmoord.

Die statistiek oor plaasaanvalle is ingewikkeld en word selektief gebruik:

  • Ontledings deur die onafhanklike Africa Check toon dat plaasmoorde wel plaasvind, maar dat beskikbare data nie die bewering van ’n sistematiese rasgerigte veldtog bevestig nie.
  • Navorsers by die Instituut vir Sekuriteitstudies (ISS) in Suid-Afrika sien plaasaanvalle binne ’n breër patroon van landelike geweld en georganiseerde misdaad, insluitend roof, bendeaktiwiteite en swak polisiëring in afgeleë gebiede.
  • Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se misdaadstatistiek bevestig dat Suid-Afrika se hoë moordsyfer ’n sistemiese probleem is wat veral arm en werkersklasgemeenskappe raak. Plaasaanvalle is dus ’n probleem, maar die verskynsel moet binne die groter konteks van geweld verstaan word.
  • Internasionale media en politieke kommentators maak soms dramatiese stellings oor sogenaamde boeremoorde sonder om die breër konteks van misdaad en historiese ongelykhede in ag te neem. Die relevante statistiek word dikwels selektief gebruik, wat kritiese openbare debat bemoeilik.

Dit sou meer produktief wees om praktiese oplossings te soek as om die debat verder ideologies te polariseer. Navorsing oor landelike veiligheid dui op behoeftes om samewerking tussen die polisie en boere te versterk, reaksietye en intelligensie in afgeleë gebiede te versnel, en fermer veiligheidsaksies van alle landelike inwoners – insluitend plaaswerkers en boere – te beskerm. Sterker plaaslike veiligheidsnetwerke en gemeenskapsbetrokkenheid is nodig.

Die bedreigings en onsekerheid wat baie boere ervaar moet ernstig opgeneem word. Maar juis daarom help dit nie om ’n komplekse veiligheidskrisis te reduseer tot die slagspreuk van “volksmoord” nie. Só ’n benadering verskuil die werklike oorsake en aard van geweld en bemoeilik praktiese oplossings. Om landelike veiligheid te verbeter vereis skerp ontleding, betroubare data en samewerking – nie ideologiese oorvereenvoudiging nie.

Min mense sal ontken dat geweldsmisdaad in Suid-Afrika ’n nasionale krisis is, maar die statistiek oor plaasaanvalle is omstrede omdat definisies en databronne soms erg verskil. Sommige data sluit byvoorbeeld alle aanvalle op landbou-eiendomme in, terwyl ander slegs moorde op kommersiële boere tel. Boonop help die emosionele woede van politieke leiers soos Julius Malema en Jacob Zuma en hul volgelinge geensins om die kwessies meer beredeneerd en geloofbaar aan te pak nie.    


Internasionale perspektiewe en misverstande

Samewerking tussen die polisie en landelike gemeenskappe kan vinniger reaksie en beter intelligensie in afgeleë gebiede versterk, ter beskerming van boere, plaaswerkers en plaaslike veiligheidsnetwerke. Navorsers soos ISS beklemtoon dat veiligheid in landelike gebiede verseker kan word slegs as dit deel vorm van ’n breër projek oor sosiale stabiliteit, ekonomiese ontwikkeling en regverdige polisiëring.

Die vrees en onsekerheid wat baie boere ervaar, moet ernstig opgeneem word, sowel in beginsel as empiries en fisies. Plaasaanvalle gebeur inderdaad en te gereeld, maar die slagspreuke van volksmoord is nie geregverdig nie. Dit verg dat veiligheid, historiese bewustheid en sosiale samewerking ernstig opgeneem word om veiligheidsprobleme aan te spreek, en dit is nie op ’n aanvaarbare vlak nie. 

Daar is nie net ’n enkele perspektief in die landboubedryf nie. Johann Kotzé, uitvoerende hoof van Agri SA (die grootste assosiasie van boere in Suid-Afrika), beklemtoon dat plaasaanvalle wel ’n belangrike probleem is in die wyer konteks van Suid-Afrika se algemene misdaadsituasie. (Kyk https://agrisa.org.za/agri-sa/suid-afrikaanse-boere-volhard-te-midde-van-uitdagings.) Maar Agri SA onderskryf nie die rassemoordverwysingsraamwerk nie, en beklemtoon eerder dat praktiese maatreëls om landelike veiligheid en polisiëring te verbeter ’n meer konstruktiewe pad vorentoe is.

Maar die rasgebaseerde definisie van die probleem onder meer regse groepe verdoesel hierdie insig, en verdeel en verswak pogings om dit effektief aan te spreek. Die gebruik van die term “wit volksmoord”, veral in die Trump-kamp, ondermyn die soek na oplossings met ’n sinnelose intensiteit. Maar sommige Afrikaner-groepe, soos AfriForum en Solidariteit, bevorder hierdie narratief internasionaal en hits die Trump-administrasie aan om dit as basis van hul druk op die Suid-Afrikaanse regering te verhoog. Die woede en rasgebaseerde trant daarvan verswak die kanse vir skikkings en oplossings.

Hierdie kompleksiteit verklaar waarom die kwessie van plaasmoorde tegelyk as ’n plaaslike misdaadprobleem, ’n internasionale politieke debat, en ’n fokus van aggressiewe VSA-Suid-Afrika-interaksies voorkom. Die duidelikste gevolg daarvan is die aansporing van ’n misplaaste volksmoordretoriek. Suid-Afrika se strategieë en beleidsmaatreëls moet daarop gerig wees om geweld in alle gemeenskap te verminder, ongeag ras of ligging. Dit gaan nie oor volksmoord nie, maar oor insluitende versoening, verdraagsaamheid en rasionele samewerking.    

Chris Heymans

Onafhanklike politieke ekonomie en ontwikkeling ontleder en adviseur 


 

Verwysings en verdere perspektiewe

Africa Check: Are farm attacks or farm murders increasing in South Africa?

Bruce, D. 2023. Violence in rural South Africa: Understanding the context. Institute for Security Studies Policy Analysis. Pretoria.

Burger, J. 2024. South African crime statistics and rural safety analysis. Instituut vir Sekuriteitstudies (ISS).

Giliomee, H. 2023. Afrikaner politics and farming organisations post-apartheid. Universiteit Stellenbosch.

James, D. 2024. Media, race narratives, and rural politics in South Africa. Universiteit Kaapstad.

Newham, G en A Faull. 2023. Strengthening rural policing in South Africa. Instituut vir Sekuriteitstudies.

South African Police Service (SAPS). Annual Crime Statistics.

Stuur Boodskap

Kontak Chris Heymans direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗
🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek