🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek
❤️ Samewerking Borg AvSA →
Terug na Tuis Alle artikels
Wie dryf die agenda van die Afrikaner Vlugteling Program en wat is die einddoel?

Wie dryf die agenda van die Afrikaner Vlugteling Program en wat is die einddoel?

(My mening in die Afrikaanse koerant "Die Papier").

Pas terug uit die buiteland was ek geskok oor die verdeeldheid in ons land, onder Afrikaners maar ook op raslyne nav die VSA se Afrikaner Vlugtelingprogram.

Slegs 'n dwaas sou beweer ons het nie 'n ernstige misdaadprobleem in SA nie. Die bewerings van 'n Wit Volksmoord is egter kwaadwillig en misplaas. Swart mense word harder getref deur geweldsmisdaad, ook op plase. Die feite dat hulle uitgesluit is, wys op rasse vooroordeel in Amerika.

Ons word misbruik as 'n politieke speelbal van 'n diep verdeelde en toenemend geïsoleerde VSA.

Arikaners onder die vaandel Afrikaners Vir Suid Afrika (AvSA), Betereinders en ander het spontaan standpunt ingeneem teen die valse narratief van 'n Wit Volksmoord onder die leuse "nie in ons naam nie". Hulle is bekommerd oor die negatiewe impak op ons land se beeld en op verhoudings in ons land. Hulle erken dat ons 'n misdaadprobleem in SA het. Interessant genoeg word hulle nou geteiken vir felle kritiek deur Afrikanerorganisasies wat reeds sedert Trump se eerste termyn noue bande met die Trump Administrasie handhaaf.

Die vraag moet gevra word: Wie dryf hierdie leuen; hoekom word mense wat die leuen ontbloot, gediskrediteer en beledig; en wat doen die groeperings wat noue bande met die Trump Administrasie handhaaf, om die leuen reg te stel?

Verder onstaan die vraag wat die einddoel met die Vlugtelingsprogram is. Is die doel om alle Wit Afrikaners uiteindelik 'n tuiste in die VSA te bied?

Ons land en sy mense is antwoorde op al hierdie vrae verskuldig.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗
🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek