Afrikaners vir Suid-Afrika
Vergroot

📰 Nuus

4 Nov
Voorblad van Nuusblad — Oktober 2026
Nuutste uitgawe · gratis

Nuusblad

Oktober 2026 · Uitgawe 1

Laai dit af en deel dit gerus — stuur dit aan op WhatsApp, per e-pos of waar jy ook al wil. Hoe meer mense dit lees, hoe beter.

Afrikaners vir Suid-Afrika

Wie en wat ons is


Hierdie forum het ontstaan uit ’n verklaring waarin 48 progressiewe Afrikaners hul kommer uitgespreek het oor disinformasie dat Afrikaners slagoffers van ’n beweerde volksmoord is en oor die algemeen in Suid-Afrika te na gekom word. Hierdie doelbewuste disinformasie word misbruik deur die Trump-administrasie in Amerika, wat hoofsaaklik wit Suid-Afrikaners as vlugtelinge verwelkom. Die verklaring stel dit uitdruklik dat sulke disinformasie "nie in ons naam" as Afrikaners versprei word nie. Die aanvanklike verklaring is reeds gesteun deur 1 651 mede-ondertekenaars, of hulle hulle nou as Afrikaners beskou of nie.


Hierdie webtuiste bied 'n besprekingsforum vir veral gematigde, progressiewe en liberale denkers wat hulle met die beginsels en gees van die verklaring kan vereenselwig en wat glo dat Afrikaners in Suid-Afrika nie spesiale voorregte bo ander Suid-Afrikaners verdien nie. Die gespreksfokus is om mekaar op hoogte te hou van en lesse te leer uit verskillende plaaslike en internasionale ervarings van alternatiewe politieke, ekonomiese en maatskaplike oplossings vir probleme. 

Afrikaners vir SA (AvSA) is dus ’n ruimte waar Afrikaners, Suid-Afrikaners, Afrikane en ander mense hulleself beskou as volle en gelyke lede van ’n diverse en komplekse Suid-Afrika wat saam aan ons land bou eerder as om spesiale voorregte te verwag of soos slagoffers te voel. Ons weier om pionne te wees in ander se kultuuroorloë en omhels eerder ons meervoudige identiteite wat tegelyk Afrikaner, Suid-Afrikaner en Afrikaan kan insluit. Ons werk saam aan ’n meer regverdige, inklusiewe land wat vir almal werk wat hier tuis voel, en nooi van gematigde en sentristiese tot progressiewe en liberale stemme in Afrikaans én Engels uit om rasioneel, met respek en in goeie trou saam te gesels. As jy 'n passie het vir waarheid, geregtigheid, inklusiwiteit en ’n beter Suid-Afrika vir almal, of jy jou nou as 'n Afrikaner, Suid-Afrikaner, Afrikaan of 'n ander identiteit beskou, is jy welkom hier.


Ons Credo


Ek is gewortel in Suid-Afrika en verweef met Afrika se mense.

Ek is gevorm deur my geskiedenis, maar word nie daardeur beperk nie.

Ek eer my taal en tradisies en gebruik dit om brûe te bou.

Ek staan vir geregtigheid en menswaardigheid.

Ek erken die onregte van ons verlede en die uitdagings van ons hede.

Ek neem verantwoordelikheid om te help bou aan ’n toekoms waar almal veilig is en floreer.

Ek onderneem om te werk vir versoening gegrond in die waarheid, en vir hoop wat sigbaar word in dade.


Gesprekke teen Gatvolgeit - Deon Snyman gesels met Ruda Landman

In hierdie episode van "Gesprekke teen Gatvolgeit" gesels Ruda Landman met *Deon Snyman*, gemeenskapswerker, teoloog en bestuurder van die Goedgedacht Trust, oor geloof, apartheid, die rol van die kerk en die vraag hoe ons Suid-Afrika vandag kan help om vorentoe te beweeg. #GesprekkeTeenGatvolgeit #RudaLandman #DeonSnyman #Goedgedacht #Apartheid #Kerk #Geloof #SuidAfrika #Versoening #Gemeenskap #Dialoog #Ubuntu #Hoop #SaamBou #Toekoms #Afrikaners #Christene

= geskryf deur 'n ondersteuner Sien almal →
HOW TO SEPARATE THE WHEAT FROM THE CHAFF IN POLITICS

HOW TO SEPARATE THE WHEAT FROM THE CHAFF IN POLITICS

Truida Prekel brought this resource to our attention:It is an initiative aimed at encouraging American voters to cast their ballots judiciously.It includes summaries of what the author considers the m...
Fanie Cloete Fanie Cloete • 22 Okt 2026